HVS se netbalspelers het verlede week aan die Beyers Naude Netbalproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem: Netbal o.14: Elné Viljoen en Izanne Pienaar Netbal o.15: Zenobia Homveld, Ilze Vorster, Elzahn Dinjana en Nicole Jacobs Netbal o.18: Junielle Goliath, o.17: Sanet Grobler, o.16: Jamie-Lee Gerber...
Category: Nuusberigte
Die Volksie Mandjie-dans
Daar is geen beter manier om ‘n werksweek af te sluit as ‘n heerlike kuier by DIE VOLKSIE nie! Alle ouers, vriende en ondersteuners is welkom om saam te kuier. Kry nou jou kaartjie by Hoër Volkskool se kantoor vir slegs R10.00, pak vir jou ‘n lekker piekniekmandjie en kom kuier saam! As die inhoud...
HVS Tennisspelers in Provinsiale Spanne
Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is in Oos-Kaap spanne opgeneem en gaan aan interprovinsiale toernooie deelneem: Zanri Groenewald: o.18 B-span Rudolph-Hein van Eeden o.15 B-span Louwen Wolfaardt: o.15 A-span Alicia Louw: o.15A-span Die A-spanne gaan in Pretoria meeding, terwyl die B-spanne in Grahamstad gaan speel. Ons wens jul baie sterkte toe!
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms: Die volgende atlete het by die Sarah Baartman atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem en het baie goed gevaar: Foto agter: Chanto Baartman: eerste: 800m seuns o.15 Ethan Japhta: derde: 400m seuns o.17 Jan-Theo van Tonder: tweede: hoogspring seuns o.17 Hannes van der Merwe: eerste: gewigstoot seuns o.15 en vierde: 200m seuns o.15...
Interskole Swemgala Bekerwenners
Na afloop van die Interskole swemgala teen Union High School het Hoër Volkskool die wisseltrofee vir die span met die meeste punte, gewen. Hoër Volkskool se top-swemmers van die dag, Kate-Lynn Kruger (Victrix Ludorum) en Hugo Botha het die trofee namens HVS ontvang. TROTS VOLKSKOOL!
Drieë druk aand
Op Vrydag 24 Februarie is HVS se rugbyspanne by Hoër Volkskool in aksie te sien. Kom ondersteun jou span!
Interskole Swemgala
2023 se interskole gala is op 14 Februarie by Union High School se splinternuwe buitelug swembad aangebied en Volkskool se leerders wat die swemmers kom ondersteun het se gees was aansteeklik.Laer Volkskool se swemmers het sewe rekords laat spat:JJ van Schalkwyk het 3 rekords verbeter: vryslag, rugslag en borsslag vir seuns o.8Zenicke van Schalkwyk het...
Leierskap-Seminaar
Lede van Hoër Volkskool se leerlingraad het Woensdag, 15 Februarie ‘n leierskapseminaar bygewoon. Die seminaar is deur die Prescient Foundation moontlik gemaak. Die aanbieders van die seminaar was Die Goeie Nuus Fabriek, onder leiding van Erich Posthumus en Wian Vos.Daar was leerders van verskillende skole in Graaff-Reinet en daarom was dit belangrik dat die leerders...
HVS Tennis
Deelname aan die “Tennis 4 Jesus” toernooi in Bredasdorp is ‘n toernooi waarna tennisspelers jaarliks baie uitsien. Vanjaar word HVS deur die volgende spelers verteenwoordig: Victor Dercksen, Lynette Truter, Joshua du Toit, Zanri Groenewald, Xander Keyser, Jani van der Merwe, Zak Wolfaardt, Anya Cornelius, Pieter Nel en Alecia Louw Geniet die deelname en sterkte met...
Boogskiet
Op Saterdag, 11 Februarie 2023 het Hoër Volkskool die eerste boogskietkompetisie van 2023 aangebied. Skuts van Graaff-Reinet (HVS en LVS), Uitenhage, Despatch en Jeffreysbaai het hiervoor ingeskryf . Ons het twee “Bull’s Eye” kompetisies geskiet – Graaff-Reinet Ope en HVS Ope. Om ‘n boogskietkompetisie aan te bied verg baie beplanning. Ons skietbaan waar daar drie...









