Verlede naweek het die eerste seunstennisspan, Hoër Volkskool by die Tjaart Vorster tennistoernooi in Cradock gaan verteenwoordig. Ons span het teen die spanne van groot skole soos Paul Roos, Bethlehem Voortrekkers en Stirling High School gespeel. HVS wen teen Hoër Landbouskool Oakdale en teen Hoërskool Cradock en het algeheel ‘n elfde plek in die toernooi...
Kategorie: Nuusberigte
Tennistoernooi
Hoër Volkskool se eerste meisies- en tweede seuns tennisspanne het aan die “Tennis-4-Jesus” Toernooi in Bredasdorp deelgeneem. HVS se spanne het teen groot skole soos Paarl Vallei, Dirkie Uys, Durbanville en Charlie Hofmeyer gespeel. Elke speler het hul beste gegee en op die einde was sportmansgees die wenner van die dag! Met sulke blootstelling doen...
Karoo Swemgala Uitslae
Hoër Volkskool se swemmers het weereens tydens gister se Karoo swemgala uitgeblink en vir groot opwinding in baie van die items, veral die aflosse, gesorg. Uitslae van die punte is as volg: Laerskool Cradock: 18 Tuisskool: 49 Gill Kollege: 157 Laer Volkskool: 335 Union High School: 457 Victor Ludorm: Mateo Schoeman Victrix Ludorum: Taylor Jacobs...
Sarah Baartman Netbalproewe
HVS se netbalspelers het verlede week aan die Beyers Naude Netbalproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem: Netbal o.14: Elné Viljoen en Izanne Pienaar Netbal o.15: Zenobia Homveld, Ilze Vorster, Elzahn Dinjana en Nicole Jacobs Netbal o.18: Junielle Goliath, o.17: Sanet Grobler, o.16: Jamie-Lee Gerber...
Die Volksie Mandjie-dans
Daar is geen beter manier om ‘n werksweek af te sluit as ‘n heerlike kuier by DIE VOLKSIE nie! Alle ouers, vriende en ondersteuners is welkom om saam te kuier. Kry nou jou kaartjie by Hoër Volkskool se kantoor vir slegs R10.00, pak vir jou ‘n lekker piekniekmandjie en kom kuier saam! As die inhoud...
HVS Tennisspelers in Provinsiale Spanne
Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is in Oos-Kaap spanne opgeneem en gaan aan interprovinsiale toernooie deelneem: Zanri Groenewald: o.18 B-span Rudolph-Hein van Eeden o.15 B-span Louwen Wolfaardt: o.15 A-span Alicia Louw: o.15A-span Die A-spanne gaan in Pretoria meeding, terwyl die B-spanne in Grahamstad gaan speel. Ons wens jul baie sterkte toe!
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms: Die volgende atlete het by die Sarah Baartman atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem en het baie goed gevaar: Foto agter: Chanto Baartman: eerste: 800m seuns o.15 Ethan Japhta: derde: 400m seuns o.17 Jan-Theo van Tonder: tweede: hoogspring seuns o.17 Hannes van der Merwe: eerste: gewigstoot seuns o.15 en vierde: 200m seuns o.15...
Interskole Swemgala Bekerwenners
Na afloop van die Interskole swemgala teen Union High School het Hoër Volkskool die wisseltrofee vir die span met die meeste punte, gewen. Hoër Volkskool se top-swemmers van die dag, Kate-Lynn Kruger (Victrix Ludorum) en Hugo Botha het die trofee namens HVS ontvang. TROTS VOLKSKOOL!
Drieë druk aand
Op Vrydag 24 Februarie is HVS se rugbyspanne by Hoër Volkskool in aksie te sien. Kom ondersteun jou span!
Interskole Swemgala
2023 se interskole gala is op 14 Februarie by Union High School se splinternuwe buitelug swembad aangebied en Volkskool se leerders wat die swemmers kom ondersteun het se gees was aansteeklik.Laer Volkskool se swemmers het sewe rekords laat spat:JJ van Schalkwyk het 3 rekords verbeter: vryslag, rugslag en borsslag vir seuns o.8Zenicke van Schalkwyk het...









