Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Mnr en Mej Volkskool 2023
Artikel

Mnr en Mej Volkskool 2023

Baie geluk aan die Top 10-finaliste wat vir Mnr. & Mej. Volkskool 2023 gekies is. Kaartjies vir die spoggeleentheid is by Hoër Volkskool se kantoor te koop. Tema: Informele “Island Style” Datum: 30 Maart 2023 Plek: Hoër Volkskool Tyd: 18:00 vir 18:30

Aanlyn Jagveiling
Artikel

Aanlyn Jagveiling

Die baie gewilde Volkskool Graaff-Reinet AANLYN JAGVEILING in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet, skop binne 10 dae af. Registreer by www.insamel.co.za en hou Volkskool Jagveiling 2023 se blad dop vir meer inligting oor die uitsonderlike pakkette wat opgeveil word. Navrae:...

Genade dade uitdaging
Artikel

Genade dade uitdaging

Hoër Volkskool wil die fokus skuif van ‘n generasie wat die wêreld wil verander sodat elke individu gelukkiger kan wees, na ‘n generasie wat elke dag daarop ingestel is om geleenthede te soek waar ons ‘n positiewe verskil in die lewe van ons naaste kan maak en so kan een individu op ‘n slag ‘n...

Hokkie
Artikel

Hokkie

Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het die afgelope naweek aan die Greg Belling hokkietoernooi te Oos Londen deelgeneem. Hulle eerste wedstryd was teen Queenstown Girls High en HVS het die wedstryd 2 – 1 gewen. Alecia Louw het albei doele aangeteken en sy en Tyneal Botha is as spelers van die wedstryd aangewys. Saterdag het...

Netbal
Artikel

Netbal

Hoër Volkskool se eerste netbalspan, tesame met me. Henriette Malan en me. Estene Coetzee, het die voorreg gehad om op Dinsdag 21 Maart, ‘n afrigtingskliniek te Port Elizabeth by te woon. Daar is gefokus op vaardighede op die netbalbaan, verskeie oefeninge asook raad hoe om beserings te voorkom. Ons vertrou dat dit ‘n leersame kursus...

Netbal
Artikel

Netbal

Junielle Goliath het die afgelope naweek aan die Sarah Baartman netbalproewe te Nico Malan in Humansdorp, deelgeneem. Sy is gekies vir die Sarah Baartman netbalspan wat aan die Oos-Kaap proewe te Oos Londen gaan deelneem. Baie geluk met jou insluiting in die span en sterkte met die Oos-Kaap proewe.

Drama
Artikel

Drama

Maandag met saalopening het ons met die 2023 dramaprogram afgeskop. ‘n Humoristiese stuk vol grappe, Romeo en Juliet in die hernamaals, is opgevoer. Karakters: Romeo: Darion Jooste Juliet: Temzynne Juries Vanjaar gaan die skool en Graaff-Reinet baie van ons dramagroep hoor en sien. Ons oefen hard aan ‘n groot produksie, SKUILPLAAS, onder leiding van me....

Moedertaaldag
Artikel

Moedertaaldag

Daar is niks so lekker om ‘n skooldag bietjie kleur te gee soos sport of kultuur nie. Verlede Vrydag het die Volksmond (ATKV-jeugtak) dit goed gedink om Moedertaaldag met niks anders as ‘n danskompetisie te vier nie. Die Afrikaanse liedjies het beslis elke skolier se litte los gekry en verskeie skoliere het hulle danspassies ten...

Akademiese toekennings
Artikel

Akademiese toekennings

Die volgende leerders ontvang erekleure vir hul harde werk en uitstekende prestasies behaal vir akademie tydens 2022: Jana Neethling (gr 11) Zenke Enslin (gr 11) Carli Kritzinger (gr 11) Xander Keyser (gr 10) Sophia Louw (gr 11) Anya Cornelius (gr 10) Baie geluk aan elkeen van julle. Mag julle in 2023 op hierdie goeie prestasies...

HVS Drieëdruk-aand
Artikel

HVS Drieëdruk-aand

Die 2023-rugbyseisoen het gister op ‘n hoë noot afgeskop toe die o.14-, o.15- en o.16-rugbyspanne teen spanne van Asherville, Spandau en Union High School te staan gekom het. HVS se eerstespan het teen bogenoemde spanne asook Hoërskool Middelburg en Muir te staan gekom. Opwindende rugby was gespeel en nou is die ys gebreek vir die...