Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Trots Volkskool
Post

Trots Volkskool

Hier by Hoër Volkskool is daar nog baie water wat in die see moet loop voor ons kan rus, maar ons begin al die gevoel van vakansie kry. Die personeel van HVS wil net vir elke leerling, ouer, ondersteuner en vriend van Hoër Volkskool ‘n geseënde vakansie toewens. Mag julle die tyd saam met vriende...

Volkskool gee om
Post

Volkskool gee om

Melandré Kombani en Chequin Koopman, hoofleiers van Hoër Volkskool, het Dinsdag ‘n koevert met HVS se donasie aan die Graaff-Reinet Kankerverening oorhandig. HVS het ‘n baie suksesvolle kankerveldtog tydens die kankermaand Oktober, geloots. Die projek is deur onderwysers en leerders ondersteun om fondse in te samel. Me. Hannetjie Pieterse, verteenwoordiger van die Graaff-Reinet Kankerverengiging het...

Herinneringsdag
Post

Herinneringsdag

Die jaarlikse Herinneringsdag is op Sondag 13 November, by die St. James Kerk aangebied. Hoër Volkskool se hoofseun, Chequin Koopman en onderhoofdogter, Zenke Enslin, het hierdie geleentheid bygewoon. Hul het Hoër Volkskool verteenwoordig en die gebruiklike krans gelê. Hierdie geleentheid is om hulde te bring aan die Suid-Afrikaanse soldate wat hul lewens tydens die Eerste...

Hoofleiers 2023
Post

Hoofleiers 2023

Die hoofleiers en die onderhoofleiers is by die prysuitdeling aangekondig: Vlnr: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Melandrè Kombani (Hoofdogter), Chequin Koopman (Hoofseun) en Zenke Enslin (onderhoofdogter)

Nasionale Boogskiet
Post

Nasionale Boogskiet

Annelie Pieterse is tans besig met haar finale eksamen en is verkies tot die AGA-SA NASIONALE Boogskietspan. Sy is opgeneem in die Nasionale Senior Boogskietspan en aangewys as die onderkaptein. Die span neem op 10 Desember 2022 in Witbank, Mpumalanga aan die AGA World Virtuele Toernooi deel. Suid-Afrika, se drie spanne (senior-, junior- en ontwikkelingspan)...

Akademie Top 10
Post

Akademie Top 10

Baie geluk aan die leerders wat op akademiese gebied presteer. Die Top 10 vir kwartaal 3 is as volg: GRAAD 12 1. Annelie Pieterse 2. Jeffson Arends 3. Lieben Bekker 4. Chloé Stannard 5. Denóvan Hoffman 6. Marlien Crewe-Brown 7. Marli van der Merwe 8. Anja Smit 9. Tanya Nieuwoudt 10. Inké van der Merwe...

Jim Fouché Atletiek
Post

Jim Fouché Atletiek

Verlede naweek het ag atlete van Hoër Volkskool na Bloemfontein getoer om aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms deel te neem. Die atlete wat die beste presteer het, is as volg: ALBRECHT DE JAGER: 6de – seuns o.19 spiesgooi, 42.08 meter RUDOLPH HEIN VAN EEDEN: 5de – seuns o.15 hoogspring , 1.50 meter AIDAN THIART: 4de...

Huis Cronje Huiskomitee 2023
Post

Huis Cronje Huiskomitee 2023

Huis Cronjé, die koshuis van Hoër Volkskool, het onlangs ‘n koshuisafskeid gehou en die huiskomitee vir 2023 aangewys. Dogters: Anya Cornelius, Zoe Hattingh, Malandri Lombard (hoofdogter), Sophia Louw en Jani van der Merwe Seuns: Jade Smith, A.J. de Jager, Albrecht de Jager (hoofseun), Jan Theo van Tonder en Zak Wolfaardt Baie geluk en baie sterkte...

Hokkie-afrigter
Post

Hokkie-afrigter

Is jy dinamies, gemotiveerd met ‘n passie vir hokkie en sportontwikkeling? Wel dan soek Volkskool vir jou! Ons maak plek vir ‘n suksesvolle kandidaat wat aan die vereistes voldoen om ‘n gevestigde plattelandse skool se hokkie met jou kennis, ervaring en kwalifikasies tot die volgende vlak te neem. Raak deel van ‘n dinamiese skool, ryk...