Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Oos-Kaap Boogskietspan
Post

Oos-Kaap Boogskietspan

Met die pyle wat reguit mik en ’n blink pad vorentoe, ontvang ons Volksies wat die Oos-Kaap Boogskietspan gehaal het, hul besondere toekennings. 📸 Op die foto verskyn:Voor: Nushaan Beyers, Danel de Koker, Karli van Rooyen, Mikha Enslin. Agter:Conrad Kleyn, Michyle Mostert, John Read, Rikus Kleyn en Gerhard Coetzee.

Diens met hart
Post

Diens met hart

Ons vier vandag die leerders wat tydens die Junie/Julie-vakansie deelgeneem het aan Landsdiens. Julle het gewys wat dit beteken om leiers te wees en die gemeenskap te dien. Elke daad van hulp en betrokkenheid maak ‘n verskil. 📸 Toekennings vir Landsdiens: bywoning van Streekskamp te Burgersdorp. Lisa du Toit, Luandre Rademan en Melanie van der...

Afrikaans 100 jaar
Post

Afrikaans 100 jaar

‘n Taal wat leef by Volkskool ✨📖 By Hoër Volkskool is Afrikaans meer as net ’n vak – dit is deel van ons storie, ons erfenis en ons identiteit. Daarom is dit vir ons ’n groot vreugde dat die twee Afrikaanse klasse onlangs opgegradeer is, juis in die jaar waarin Afrikaans sy 100ste bestaansjaar vier....

Senior redenaarswenner
Post

Senior redenaarswenner

By vanjaar se Interskole het Anna-May Hayes, Volkskool se senior redenaarswenner, die gehoor diep geraak met haar toespraak. Sy het die unieke balans in Graaff-Reinet so mooi vasgevang: twee skole wat kragtig kompeteer, maar wat ook sáám die geleentheid skep vir ontwikkeling, groei en trots. Met opregte woorde het sy herinner dat Volkskool en Union...

WOW Spelfees
Post

WOW Spelfees

Ons woordkampioene is deur na die volgende rondte van die WOW Spelfees. Hulle wys weer op 21 Augustus by Kroonvale Primêr, Graaff-Reinet dat Volksies trots kan spel! Op die foto verskyn: Elgemayne Solomons (Afrikaans), Chandre Damons (Afrikaans), Chelsea Hendricks (Afrikaans), Lenarsha Saku (Engels), Merlise Jaftha (Afrikaans), Kayden Job (Afrikaans), Veruschka Meshilinie (Afrikaans) en Amor Loff...

Erekleure
Post

Erekleure

Gemengde Gevegskuns, Hokkie en Ruiterkuns Ons vier die leerders wat hul Erekleure verdien het in gemengde gevegskuns, hokkie en ruiterkuns! Julle harde werk, fokus en toewyding word mooi erken. Julle wys wat dit beteken om toewyding, deursettingsvermoë en fokus te hê. Foto een: Erekleure vir Gemengde Gevegskuns Renaldo van der Westhuizen en Jean van Wyngaard....

Krultoekennings
Post

Krultoekennings

Skaak, Hokkie en Netbal Ons vier die leerders wat uitblink in skaak, hokkie en netbal! Julle harde werk, fokus en spanwerk word mooi erken met hierdie Krultoekennings. Elke skuif, pas en doel wys dat Volksies nie net talentvol nie, maar ook gedissiplineerd en toegewyd is. Foto een: Krultoekkenning vir skaak en hokkie Handru Olivier (Skaak),...

Span Toekennings 2025
Post

Span Toekennings 2025

Die Span Toekennings het weer bewys hoe sterk ons Volksies saamstaan. Elke span, groot of klein, het hard gewerk, mekaar ondersteun en elke uitdaging met trots aangepak. Julle wys dat spanwerk en samehorigheid by Volkskool altyd eerste kom!

Volksies gee bloed, gee lewe
Post

Volksies gee bloed, gee lewe

Vandag het Hoër Volkskool se leerders weer hul moue opgerol vir iets groter as hulself – Bloedskenkdag. Met trots en ’n glimlag het Volksies in die ry gaan sit, en elke druppel was ’n geskenk van hoop.Die leerders het dit self die beste opgesom: “Ons is lifesavers!” Daardie woorde het nie net in die saal...