Vandag het die matrieks van Volkskool hul laaste tradisionele skooldag gevier, en dit was beslis ’n dag om nie te vergeet nie. Tradisioneel is dit rokke vir die meisies en broeke vir die seuns… maar vandag het die rolle omgedraai! Die seuns het trots hul skoolrokke aangetrek en die meisies het die broeke met oortuiging...
Kategorie: Nuusberigte
Volkskool vereer ons sterre met Erekleure
Volkskool is trots om vyf van ons leerders te vereer met erekleure vir hul uitsonderlike prestasies in kultuur en sport. Lisa du Toit en Pieter Fourie het erekleure ontvang vir kultuur. Hulle toewyding, harde werk en entoesiasme dra jaar na jaar by tot die ryk kultuurlewe van Volkskool. In boogskiet het Gerhard Coetzee, Nushaan Beyers...
Hokkie Besigheidsliga
Dag 2 van die Hokkie Besigheidsliga het vandag op Volkskool se astro plaasgevind en weer vir opwinding gesorg! Die spanne het alles gegee en elke wedstryd was vol energie, vaardigheid en spanwerk. Daarby het die dag ’n skaars gesig gebring – Dentists at Health Graaff-Reinet se feesdier, ’n vrolike hoender, het vir glimlagte en lag...
Volkskool wys solidariteit tydens Borskanker-bewusmakingsmaand
Oktober word wêreldwyd erken as Borskankerbewusmakingsmaand – ’n maand wat herinner aan die belangrikheid van gesondheid, vroeë opsporing en gemeenskapsamewerking. By Volkskool het ons leerders besluit om hul steun op ’n simboliese manier te wys deur die bome by die kampusingang met pienk lap te versier. Hierdie kleurvolle vertoning dien as teken van hoop en...
Volksies wys hulle uithouvermoë!
Verskeie personeellede en leerders het die naweek met groot entoesiasme aan die Meringspoort-race deelgeneem. Die pragtige roete deur die poort en die opwinding van die dag het vir almal ’n onvergeetlike ervaring geskep. Volkskool is trots op elke deelnemer wat met deursettingsvermoë en glimlagte die eindstreep oorgesteek het – ‘n ware teken van Volkskoolgees!
Junior Boerbok-kursus voltooi
Die Graad 10- en 11-leerders in Landbouwetenskap het vandag die Junior Boerbok-kursus voltooi – ’n dag vol leer, insig en praktiese ervaring. .Die leerder het kennis opgedoen oor rasstandaarde en prakties geoefen op ooie en ramme. Hulle moes positiewe en negatiewe eienskappe uitwys en leer onderskei tussen ‘n stoet, kudde en prul. Die kursus is...
Arno Slabbert skitter in Nasionale EBW-Olimpiade
Met ’n uitsonderlike 85% het Arno Slabbert as Volkskool se toppresteerder in die Nasionale EBW-olimpiade uitgeblink. Sy afsonderlike punte was Ekonomie 80%, Rekeningkunde 80% en Besigheidstudies 95% – ’n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en harde werk weerspieël. Volkskool is uiters trots op Arno se prestasie, wat nie net sy eie potensiaal uitlig nie, maar...
Volkskool blink uit in Proverto Nasional Olimpiade
Hoër Volkskool se jong ekonome en rekenmeesters het weer eens hul staal gewys in die jaarlikse Proverto Nasionale Olimpiade. Drie van ons senior Rekeningkunde-kandidate het tot die gesogte finale rondte deurgedring: Charl Conradie (gr. 11), Jayde Minnies (gr. 10) en Elné Viljoen (gr. 10). Uit die 1 908 graad 10-deelnemers landswyd het slegs 724 leerders...
Karoo Dans
Op Vrydag, 24 Oktober 2025 nooi Volkskool die hele gemeenskap na ’n feestelike Karoo-dans – ’n aand vol musiek, geselligheid en lekker kuier onder die sterre. Kom dans saam, bring jou vriende en familie, en wees deel van ons groot gemeenskapsafsluiting vir 2025. Hierdie is meer as net ’n dans – dit is ’n viering...
Geslaag op die see!
’n Groot gelukwensing aan Rudolph-Hein van Eeden wat sy SAMSA Skipperslisensie Kategorie C verwerf het! Hierdie lisensie maak dit vir hom moontlik om ’n enjinaangedrewe boot van minder as 9 meter vir 15 seemyl te vaar, met die ekstra vaardigheid om dit vanaf die strand te laat te water (surf launch). Daarby het hy ook...









