01-08-2026 HVS vs Gill Kollege 2026
HVS Hokkie 1ste
Gill Kollege Hokkie 1ste
5
0
Twee spanne, twee oorwinnings!
Volkskool se hokkiespanne het vandag die sportnaweek teen Gill College op die beste moontlike manier afgeskop.
Ons 0.16A-span het 'n uitstekende oorwinning van 4-0 behaal, waarna die eerstespan die dag met nog 'n indrukwekkende 5-0 sege afgesluit het.
Baie geluk aan albei spanne en hul afrigters met hierdie sterk begin. Julle harde werk en toewyding wys op die veld.
Die maroenhart klop sterk – mag die res van die naweek net so suksesvol wees. Sterkte aan al ons spanne waarvoor aksie nog wag!