HVS Netbal 1ste vs Middelburg Netbal

29-04-2026
HVS vs Middelburg 2026
HVS Netbal 1ste
HVS Netbal 1ste
Middelburg Netbal
Middelburg Netbal
36
21
  • Woensdag, 29 April, het Volkskool se spanne teen Hoërskool Middelburg meegeding in ’n middag vol energie en goeie oomblikke op die bane en veld. Op die netbalbane het die o.14A-span ’n gelykopstryd van 16–16 gespeel – ’n wedstryd waar albei spanne tot die laaste fluitjie aangehou druk het. Die o.16A-span het hul beste gegee, maar moes ongelukkig met 7–15 die knie buig, terwyl die o.18B’s bitter naby gekom het en net-net met 11–14 verloor het.
  • Die o.18A-span het egter seker gemaak van 'n sterk oorwinning en wen oortuigend met 36-21.