Layton Meshilinie, ‘n graad 10-leerling aan Hoër Volkskool, het onlangs aan die finale Sarah Baartman skaakproewe te Jeffreysbaai deelgeneem. Hy het baie goed gevaar by die toernooi en is in die finale o.18 Sarah Baartman skaakspan opgeneem wat in Oktober, ook te Jeffreysbaai, aan die Interprovinisiale Skaaktoernooi gaan deelneem. Baie geluk, Layton.
Author: admin
Gholf
Johndré Ludick, ‘n graad 11-leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Nasionale span wat aan die Reply Italian Golf Championship in Italië gaan deelneem. Die span bestaan uit 4 lede wat Suid-Afrika in die kompetisie wat al vir 16 jaar aangebied word, gaan verdedig. Daar is altesaam 20 lande wat aan hierdie kompeitisie van...
Netbal Interskole
HVS se netbalspanne speel môre hul Interskole wedstryde teen Gill Kollege. HVS se eerste netbalspan is as volg: (Foto vlnr) Jay-Lynn Daniels (HV en O-kapt) Tammy Ludick (AV) Lenique Pienaar (V) Antio-Jean Hufkie (AV) Nomza Koopman (VV) Romanicha Stoffels (S en Kaptein) Sanet Grobler (HD) Melandré Kombani (D) Baie sterkte aan al ons netbalspanne!
Boogskiet
Mathys Oberholzer (graad 12) en oud-Volksie Annelie Pieterse neem vandag aan ‘n Internasionale Boogskiettoernooi deel. Sterkte met julle deelname!
Die Volksie
Ons immergewilde skaapkop, afval en beesstertaand is hier! R130 per persoon Vrydag, 28 Julie 2023 19:00 tot laat Die Volksie Kontantkroeg beskikbaar. Kaartjies nou beskikbaar by die skoolkantoor – 049 8910514
Laer Volkskool Opedag
Besoek ons opedag op 28 Julie 2023 om 10:00 Bevestig jou teenwoordigheid: 049 8910803 of admin@laervolkskool.org
Graad 12
Die graad 12-klas was na ‘n koue oggend in die eksamenlokaal deur die NG Kerk Graaff-Reinet met ‘n inspirerende boodskap en heerlike warm pannekoek bederf. Baie dankie aan tannie Ingrid Boshoff wat namens die kerk, ons leerders kom bederf het.
Hokkie
Zanri Groenewald (graad 11) is gekies vir die Border o.18-hokkiespan. Die span neem vanaf 2 – 5 Julie aan ‘n interprovinsiale hokkietoernooi deel. Die toernooi vind in die Paarl plaas. Baie geluk Zanri.









