Author: admin

Home / admin
Boogskiet
Artikel

Boogskiet

Die laaste boogskiet vir die jaar teen die ander skole en klubs van Oos-Kaap het op Saterdag 12 Augustus op die velde van Daniël Pienaar te Uitenhage plaasgevind.‘n Totaal van 82 skuts het in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span deelgeneem. Daar is in Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit...

Skaak
Artikel

Skaak

Layton Meshilinie, ‘n graad 10-leerling aan Hoër Volkskool, het onlangs aan die finale Sarah Baartman skaakproewe te Jeffreysbaai deelgeneem. Hy het baie goed gevaar by die toernooi en is in die finale o.18 Sarah Baartman skaakspan opgeneem wat in Oktober, ook te Jeffreysbaai, aan die Interprovinisiale Skaaktoernooi gaan deelneem. Baie geluk, Layton.

Gholf
Artikel

Gholf

Johndré Ludick, ‘n graad 11-leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Nasionale span wat aan die Reply Italian Golf Championship in Italië gaan deelneem. Die span bestaan uit 4 lede wat Suid-Afrika in die kompetisie wat al vir 16 jaar aangebied word, gaan verdedig. Daar is altesaam 20 lande wat aan hierdie kompeitisie van...

Netbal Interskole
Artikel

Netbal Interskole

HVS se netbalspanne speel môre hul Interskole wedstryde teen Gill Kollege. HVS se eerste netbalspan is as volg: (Foto vlnr) Jay-Lynn Daniels (HV en O-kapt) Tammy Ludick (AV) Lenique Pienaar (V) Antio-Jean Hufkie (AV) Nomza Koopman (VV) Romanicha Stoffels (S en Kaptein) Sanet Grobler (HD) Melandré Kombani (D) Baie sterkte aan al ons netbalspanne!

Boogskiet
Artikel

Boogskiet

Mathys Oberholzer (graad 12) en oud-Volksie Annelie Pieterse neem vandag aan ‘n Internasionale Boogskiettoernooi deel. Sterkte met julle deelname!

Die Volksie
Artikel

Die Volksie

Ons immergewilde skaapkop, afval en beesstertaand is hier! R130 per persoon Vrydag, 28 Julie 2023 19:00 tot laat Die Volksie Kontantkroeg beskikbaar. Kaartjies nou beskikbaar by die skoolkantoor – 049 8910514