Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van ons oud-skoliere en plaaslike besighede. Baie dankie aan Stephan de Souza van Freshstop College Motors vir die borg van hierdie twee splinternuwe pawiljoene!
Author: admin
100 jaar se genade
Die Volkskool gemeenskap dank God vir 100 jaar se genade met ‘n geseënde lofprysingsgeleentheid onder leiding van Retief Burger. Ons kyk terug met dankbare harte en kyk vorentoe met hoop en afwagting op God se seën en genade om die geestelike aflosstokkie van generasie na generasie vir die volgende 100 aan te gee.
Swem
Izak Hattingh, ‘n graad 12 leerling van Hoer Volkskool, is besig om homself as ‘n baie veelsydige leerling te bewys. Hy het vroeër in die jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemkampioenskappe in Port-Elizabeth. Hy het uitstaande prestasies daar behaal. Hy neem aan 12 items deel en verwerf 9 goue medaljes en 3 silwer medaljes....
Akademiese Erekleure
Die Gr 12 leerlinge het gekwalifiseer vir Akademiese erekleure in Gr 11. Hierdie leerlinge het ‘n hoë standaard gehandhaaf in hul akademie tydens hul gr 11 jaar. Ons is baie trots op elke akademiese presteerder en glo dat elkeen die standaard net so hoog sal hou in jul gr 12 jaar. Voor: Inke van der...
Motorfiets
Erik Swanepoel, ‘n Gr 8 leerling van Hoer Volkskool, het deelgeneem aan die Bridgemead Rover Enduro Kompetisie (Rondte 1) in Port Elizabeth. Dit was sy eerste kompetisie waaraan hy deelgeneem het en het uitstekend gevaar. Hy het ‘n algehele eerste plek in die Hoërskole Klub afdeling behaal. Baie geluk!
Akademiese erekleure
Jana Neethling, Sophia Louw, Megan Hendrikse, Carli Kritzinger en Zenke Enslin het na afloop van 2021 gekalifiseer vir Akademiese erekleure. Dit beteken hul kon ‘n sekere gemiddeld op akademiese gebied handhaaf oor twee eksamens.
Ruiterkuns
Die afgelope naweek het Tiaan Fourie deelgeneem aan die Bloem Skou. Hy het baie goed gevaar en het die volgende uitslae behaal; Vyfde in die 5-gang Kinderryperd Ruiters 16 jaar en onder Vyfde in die Parkperd Ruiters 16 jaar en onder derde in die 3-gang ruiterkuns Ruiter onder 16 jaar Derde in die 5-gang Plesierperd Ruiters 18 jaar...
Erekleure – Ruiterkuns & Gholf
Die volgende leerlinge het voldoen aan die vereistes vir erekleure: Tiaan Fourie het erekleure verwerf vir sy uitstande prestasies in ruiterkuns. Johndrè Ludick het voldoen aan die vereistes om te kwalifiseer vir erekleure in Gholf.
Erekleure toekennings
Na afloop van die somersportseisoen, het van ons leerders uitstekend gevaar in hul onderskeie dissipilines. Die volgende atlete het erekleure ontvang vir hul besondere prestasies: Hannes van der Merwe: verteenwoordig OP by die interprovinsale Tweekamp Kampioenskappe Lliam van Heerden verteenwoordig Oos-Kaap by die Suid-Afrikaanse Hoerskole Atletiek Kampioenskappe Marlien Crewe-Brown verteenwoordig OP by die Interprovinsiale tweekamp...
Netbal
Die afgelope vakansie het die Eerste Netbalspan van Hoer Volkskool na Mosselbaai vertrek en aan die Arthur Johnson Sportoernooi gaan deelneem. Daar het altesaam 20 skole aan die afrigtingskliniek en toernooi deelgeneem. Die weer was perfek vir netbal! Ons het baie goed vertoon in die meeste van ons wedstryde en het ‘n algehele 11de plek...









