Drie van Hoër Volkskool se leerders is lede van die Raptors Martial Arts Klub in Graaff-Reinet. Mikha Enslin, Reagon Rhode en Jean van Wyngaardt het verlede naweek gegradeer na Geel 1. Baie geluk!
Author: admin
WOW-Spelfees
Die Afrikaanse WOW-spelfees het afgeskop. Die volgende leerlinge het deurgedring na die volgende rondte wat in Port-Elizabeth aangebied sal word: Ilze Vorster: algeheel vierde in graad 8 Luke Karelse: algeheel vierde in graad 10 Michayle Maarman: algeheel eerste in graad 9 Emma van Gent: algeheel eerste in graad 10. Baie geluk en sterkte met julle...
Internasionale deelname
HVS se leerder, Johndre Ludick is tans in Italië waar hy eersdaags aan ‘n Internasionale o.16 toernooi deelneem. Baie sterkte met jou voorbereiding en ook vir volgende week se deelname, Johndre. https://fb.watch/feLf9oiedX/
HVS besoek GRAWSE
Dankie juffrou Karin van Wyk dat jy ons weer herinner het om vir die natuur en gemeenskap om te gee. Wat ‘n voorreg om die mildelike skenkings van HVS se leerders en personeel aan GRAWS te kon oorhandig. Die behoeftes van hierdie organisasie word deur hierdie gebaar slegs tydelik aangespreek en daarom vra ons die...
Leerlingraad 2023
Baie geluk aan die nuut verkose leerlingraad vir 2023 wat vandag aangekondig is: Graad 11 seuns: Chequin Koopman, Albrecht de Jager, Victor Dercksen, Hennie Barnard en Remé Vorster Graad 11 dogters: Cara Jansen, Elaine van Rensburg, Melandré Kombani, Zenke Enslin en Malandri Lombard Graad 10: Zanri Groenewald, Xander Keyser, Jan-Theo van Tonder, Juan Stannard, Temzynne...
Vakante posisies by HVS
Hoër Volkskool benodig die kundigheid van ‘n dinamiese, en toegewyde Engelse Onderwyser. Aansoeke moet ‘n volledige CV, aansoekbrief en gepaste dokumente insluit en gestuur word aan: Die Skoolhoof Hoër Volkskool Posbus 21 Graaff-Reinet 6280 e-pos: ontvangs@hvsgrt.org.za Aansoeke word ingewag vir ‘n beheerliggaampos as Terreinbestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die algehele instandhouding van die terrein...
HVS neem afskeid
Dit het ons Hemelse Vader behaag om vir Karin van Wyk, onderwyseres by Hoër Volkskool, in die fleur van haar lewe uit ons midde weg te neem. Karen was een van daardie vroue wat in Spreuke besing word as die deugsame vrou wie se waarde hoër is as dié van edelstene. Sy was ‘n sagte,...
Volkskool Eerste Rugbyspan
Na ‘n baie suksesvolle jaar het die rugbyspan, eerste hokkie- en netbalspan, asook afrigters en ouers die jaar behoorlik met ‘n ‘capping’ seremonie afgesluit. Vir meer foto’s van Interskole, Saterdag se gebeure en aksiefoto’s, volg asseblief hierdie skakel: https://karoovolksiesfotos.pixieset.com/interskolespanru…/
Volkskool gee om
Een van ons boustene hier by HVS is om leerders aan te moedig om betrokke te raak en ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Met beurtkrag wat meestal saans plaasvind, het HVS verneem dat daar ‘n behoefte aan lig by Huis van der Graaff bestaan. Met ons laaste “civvie” dag kon die skool genoeg...
In die klaskamer
As deel van die sillabus het HVS se graad 10 Lewenswetenskapklas vandag die HART behandel. Hulle het die geleentheid gehad om aan ‘n hart te vat en selfs al die hartkamers te ondersoek. Die praktiese klas was baie interesant en die leerders het dit as ‘n aangename ondervinding beskryf.









