Na afloop van die Oos-Kaap Boogskietkampioenskappe in Port Alfred, is die name van die Oos-Kaapspanne bekend gemaak. Die spanne gaan van 5 – 7 Oktober 2022 in Paarl aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Om hiervoor te kwalifiseer word die telling van die Oos-Kaap kampioenskappe, sowel as die vier beste tellings geskiet tydens die interskole kompetisies...
Author: admin
Volksie 7’s Rugbytoernooi
Hoër Volkskool het die afgelope naweek ‘n suksesvolle 7’s rugbytoernooi met die ondersteuning van Nommerpas en ander borge aangebied. Baie geluk aan die wenners van die verskillende afdelings: o.15 Plaat Finaal: Hoërskool Grens o.15 Beker Finaal: Aliwal Noord Hoërskool o.17 Plaat Finaal: Hoër Volkskool o.17 Beker Finaal: Hoër Landbouskool Marlow Baie dankie aan al die...
Lewensoriëntering
Verlede week was die graad 10-leerders op ‘n Lewensoriëntering uitstappie en het die Camdeboo Opvoedkundige Sentrum besoek. Hulle het van die verskillende Sanparke in Suid Afrika geleer. Die leerders is ook herinner dat ons na ons ekologie moet kyk om dit vir ons nageslag te bewaar. Baie dankie aan Camdeboo Nasionale Park vir die interessante...
Universiteit van Stellenbosch besoek HVS
Oud-volksie Anthonie de Beer (matriek 2014) het vanoggend saam met ‘n groep nagraadse fisika studente van Stellenbosch Universteit Hoër Volkskool besoek. Hulle bied ‘n skooluitreikprogram gedurende die week van 5 September aan. Die groep word gesteun deur die professionele wetenskaplike liggame van Optica, SPIE en NITheCS om skole te besoek met die doel om belangstelling...
Nommerpas Volksie 7’s Rugbytoernooi
Op Saterdag, 10 September bied Hoër Volkskool die NOMMERPAS Volksie 7’s Rugbytoernooi aan. Hierdie jaarlikse #TrotsVolkskool 7’s-toernooi word met trots geborg deur NOMMERPAS Graaff-Reinet. Ons verwelkom Saterdag die volgende skole: Asherville Secondary School Hoër Landbouskool Marlow Hoërskool Bergsig Hoërskool Grens Hoërskool Burgersdorp Aliwal Noord Hoërskool Spandau Secondary School Kom ondersteun Karoo-rugby op sy BESTE! Vir...
Spanbou op Skietfontein
Uithou en aanhou terwyl ons leerlingraad moet kruip, klouter, klim en krete uitdink is deel van spanbou op Skietfontein. Tussen al die aktiwiteite deur moet hulle ook lesings bywoon. Die doel van die kamp is om HVS se leerlingraad toe te rus om as ‘n span saam te werk en oplossings vir probleme te vind....
Hoffman Voltameter
In dr. Paula Zandberg se Fisiese Wetenskapklas het Hoër Volkskool se graad 10-leerders vandag met ‘n Hoffman Voltameter kennis gemaak. Hulle het ‘n eksperiment gedoen om uit te vind hoe water in suurstof en waterstof geskei kan word. Hoër Volkskool – hier wil jy wees!
Nasionale Boomplantdag
Hoër Volkskool se Senior Leerlingraad het vandag, op Nasionale Boomplantdag, ‘n olyfboom geplant. Een van hulle projekte is die aanplant van ‘n Tuin van herinnering en die boom is in hierdie tuin geplant. Wanneer jy ‘n boom plant, plant jy dit vir ‘n volgende generasie. Net soos Lentedag ‘n nuwe groeiseisoen aankondig, betree Volkskool ‘n...
Lewensoriëntering
Lewensoriëntering as vak is gemik op die ontwikkeling van leerders om hul te bemagtig om ‘n positiewe bydrae in die samelewing te kan lewer. Hier by Hoër Volkskool word die graad 12-leerders aan talle uitdagings blootgestel. Hulle het verlede week vir spanbou én Lewensoriënteringprakties ‘n 5 kilometer wedloop voltooi. Hulle het gedurende die vakansie ‘n...
Noodhulp
Relay EMS (Relay Emergency Services) het verlede Vrydag ‘n inleidende noodhulpkursus vir al die graad 11-leerders as deel van hul Lewensoriëntering prakties aangebied. Die lesing het gehandel oor kardiopulmonêre resussitasie (CPR) en leerders is ook gewys wat om te doen om erge bloeding te stop. Daar was ook ‘n demonstrasie om te wys wat gedoen...









