Author: admin

Home / admin
HVS kondig hoofleiers aan
Artikel

HVS kondig hoofleiers aan

Hoër Volkskool se hoofleiers vir 2023 is Maandagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling as volg aangekondig: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Chequin Koopman (hoofseun), Melandré Kombani (hoofdogter) en Zenke Enslin (onderhoofdogter) Baie geluk met julle verkiesing en mag ons in 2023 voortbou op die sukses van ons eeufeesjaar.

Laaste Skooldag
Artikel

Laaste Skooldag

Op 29 September het die personeel en die graad 12-klas van 2022 heerlik saam gekuier tydens hulle matriekafskeid. Die afgelope week was hulle laaste week in Hoër Volkskool. Maandagaand het die presteerders tydens die prysuitdeling erkenning ontvang vir hul goeie prestasies. Donderdag het die skooluniforms bietjie vreemd gelyk en duidelik was die lengte van sommige...

Lentebal
Artikel

Lentebal

Op Woensdagaand, 19 Oktober 2022 was die eerste lentebal ná die Covid pandemie, deur die Volksie aangebied. Dit was ook die laaste sosiale geleentheid wat ons matriekklas bygewoon het. Die tafels was onder die sterre in HVS se vierkant gedek en ‘n heerlike ete is bedien, terwyl almal tussendeur saam gekuier en gedans het. Baie...

Nasionale Boogskiet-kampioenskappe
Artikel

Nasionale Boogskiet-kampioenskappe

Hoër Volkskool se boogskietspan het baie goed gevaar tydens verlede week se deelname aan die interprovinsiale- en interskole boogskietkompetisie in die Paarl. Twee van Hoër Volkskool se leerders het medaljes tydens die kompetisie gewen: Annelie Pieterse het ‘n silwer medalje in die 3D-afdeling van die interskole kompetisie, asook in die Bullseye-afdeling vir graad 12-leerders gewen....

Oud-Volksies en Volkskool Ouers
Artikel

Oud-Volksies en Volkskool Ouers

MSD Animal Health ondersteun Volkskool en jy kan ook die projek ondersteun deur al jou MSD dieregesondheidsprodukte by die plaaslike koöperasies aan te koop. Volkskool ontvang 5% van alle aankope wat deur oud-Volksies én ouers van Hoër Volkskool Graaff-Reinet en Laer Volkskool Graaff-Reinet se leerders aangekoop word. Pieter van der Laan is die plaaslike agent...

Netbalnuus uit Italië
Artikel

Netbalnuus uit Italië

HVS se Tanya Nieuwoudt (graad 12) en haar spanmaats neem tans aan ‘n netbaltoernooi in Italië deel. Tanya en Shani Pick van Punt Hoërskool is as kapteine van die netbalspan aangewys. In hulle eerste wedstryd verlede week het hulle die span van Fgura Champs o.21, 36 – 22 gewen. Hul tweede wedstryd was teen NRG...

Volkskool gee om
Artikel

Volkskool gee om

Na ‘n Bloedskenk diplomaplegtigheid het HVS se portuurleiers ‘n gesellige ete saam met dr. Paula Zandberg, by Cold Stream bygewoon. Die portuurleiers het die personeel van SANBS tydens bloedskenkdae by HVS gehelp. Daar was nie soos in die verlede, vanjaar ‘n trofee oorhandig nie. Hoër Volkskool se leerders het gemiddeld 54 eenhede per kwartaal geskenk....

Gholfnuus
Artikel

Gholfnuus

Johndre Ludick het die afgelope week tydens die interprovinsiale gholftoernooi in Limpopo baie goed gevaar. Woensdag het die OP die span van Gauteng-Noord 8 – 4 gewen en Johndre het sy enkelspel 3 – 1 gewen. Donderdag het die OP teen die span van Ekurhuleni te staan gekom en hulle 7.5 – 4.5 gewen. Johndre...

Robotika
Artikel

Robotika

HVS is opgewonde om nou Robotika as ‘n ekstra kurrikulêre aktiwiteit te kan aanbied. ‘n Groep van tien graad 8 en 9 leerders het gedurende die derde kwartaal begin en is opgewonde om hulle kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. Baie dankie aan meneer Danie Heymans en sy organisasie wat “Care for Education”, “World Robot Olympiad”...

In die klaskamer
Artikel

In die klaskamer

Leer is lekker, veral as jy self die organe wat tydens ‘n les behandel word, kan oopsny en ondersoek. Die graad 11-leerders het tydens ‘n Lewenswetenskapklas NIERE behandel. Hulle het die geleentheid gehad om self ‘n nier oop te sny en van naderby te bekyk. Wanneer ‘n nier oopgevlek word, kan jy die netwerk van...