Author: admin

Home / admin
Herinneringsdag
Artikel

Herinneringsdag

Die jaarlikse Herinneringsdag is op Sondag 13 November, by die St. James Kerk aangebied. Hoër Volkskool se hoofseun, Chequin Koopman en onderhoofdogter, Zenke Enslin, het hierdie geleentheid bygewoon. Hul het Hoër Volkskool verteenwoordig en die gebruiklike krans gelê. Hierdie geleentheid is om hulde te bring aan die Suid-Afrikaanse soldate wat hul lewens tydens die Eerste...

Hoofleiers 2023
Artikel

Hoofleiers 2023

Die hoofleiers en die onderhoofleiers is by die prysuitdeling aangekondig: Vlnr: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Melandrè Kombani (Hoofdogter), Chequin Koopman (Hoofseun) en Zenke Enslin (onderhoofdogter)

Nasionale Boogskiet
Artikel

Nasionale Boogskiet

Annelie Pieterse is tans besig met haar finale eksamen en is verkies tot die AGA-SA NASIONALE Boogskietspan. Sy is opgeneem in die Nasionale Senior Boogskietspan en aangewys as die onderkaptein. Die span neem op 10 Desember 2022 in Witbank, Mpumalanga aan die AGA World Virtuele Toernooi deel. Suid-Afrika, se drie spanne (senior-, junior- en ontwikkelingspan)...

Akademie Top 10
Artikel

Akademie Top 10

Baie geluk aan die leerders wat op akademiese gebied presteer. Die Top 10 vir kwartaal 3 is as volg: GRAAD 12 1. Annelie Pieterse 2. Jeffson Arends 3. Lieben Bekker 4. Chloé Stannard 5. Denóvan Hoffman 6. Marlien Crewe-Brown 7. Marli van der Merwe 8. Anja Smit 9. Tanya Nieuwoudt 10. Inké van der Merwe...

Jim Fouché Atletiek
Artikel

Jim Fouché Atletiek

Verlede naweek het ag atlete van Hoër Volkskool na Bloemfontein getoer om aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms deel te neem. Die atlete wat die beste presteer het, is as volg: ALBRECHT DE JAGER: 6de – seuns o.19 spiesgooi, 42.08 meter RUDOLPH HEIN VAN EEDEN: 5de – seuns o.15 hoogspring , 1.50 meter AIDAN THIART: 4de...

Huis Cronje Huiskomitee 2023
Artikel

Huis Cronje Huiskomitee 2023

Huis Cronjé, die koshuis van Hoër Volkskool, het onlangs ‘n koshuisafskeid gehou en die huiskomitee vir 2023 aangewys. Dogters: Anya Cornelius, Zoe Hattingh, Malandri Lombard (hoofdogter), Sophia Louw en Jani van der Merwe Seuns: Jade Smith, A.J. de Jager, Albrecht de Jager (hoofseun), Jan Theo van Tonder en Zak Wolfaardt Baie geluk en baie sterkte...

Hokkie-afrigter
Artikel

Hokkie-afrigter

Is jy dinamies, gemotiveerd met ‘n passie vir hokkie en sportontwikkeling? Wel dan soek Volkskool vir jou! Ons maak plek vir ‘n suksesvolle kandidaat wat aan die vereistes voldoen om ‘n gevestigde plattelandse skool se hokkie met jou kennis, ervaring en kwalifikasies tot die volgende vlak te neem. Raak deel van ‘n dinamiese skool, ryk...

Vandag het die hare gewaai
Artikel

Vandag het die hare gewaai

Hoër Volkskool het ‘n groot poging aangewend om hierdie jaar se bewusmakingsveldtog vir kanker groot te maak. Ons dogters het pienk linte en pienk rekkies in hul hare gedra, terwyl die seuns pienk veters in hul skoene kon dra. Daarmee kon elkeen wys dat hulle die stryd teen kanker ondersteun. ‘n Paar seuns is genomineer...

Matriek Erediens
Artikel

Matriek Erediens

Die Verenigde Gereformeerde Kerk het vanoggend ‘n erediens vir matrieks aangebied en Hoër Volkskool se matrieks het die diens bygewoon. Ds. Gysman het ook Vrydag die saalbyeenkoms tydens die matrieks se laaste dag gelei en ‘n boodskap van hoop gebring. Ons gebed vir elke matriek is dat julle hard sal werk en die vrugte van...