Hoër Volkskool se Netbalspeelsters het omtrent stof opgeskop hierdie jaar met 5 van ons speelsters wat gekies is vir die Oos-Kaap 0.18 span. Hierdie speelsters gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi te Boksburg deelneem. Ons wens hul alle sterkte toe!
Author: admin
OP Hokkie
Van ons skool se hokkiespelers het deelgeneem aan die Oostelike Provinsie hokkieproewe te Port-Elizabeth. Cara Leonard (links) en Logan Ludick het uitgestaan en is in die onderskeie spanne opgeneem. Cara is gekies vir die 0.18B span. Hul gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale Toernooi te Durban deelneem. Logan is gekies vir die 0.16B span...
Skaak
Een van Hoër Volkskool se skaakspelers het deelgeneem aan die Middelburg Ope Skaaktoernooi wat aangebied is te Primêre Skool Karel Theron te Middelburg. Die doel van die toernooi was om deel uit te maak van die keuring vir die Suid-Afrikaanse Junior Skaak-kampioenskappe. Jeffson Arends, ‘n 0.16 speler, het algeheel eerste in sy ouderdomsgroep geeïndig. Baie...
Muurbal
Die afgelope naweek het twee van Hoër Volkskool se muurbalspelers aan die Allen Stapleton MuurbalToernooi in Port Elizabeth deelgeneem. Hierdie toernooi maak deel uit van die finale proewe vir die OP spanne in Muurbal. Marlien Crewe-Brown het derde gekom in die 0.16 toernooi, terwyl Llewellyn Crewe-Brwon ‘n algehele twaalfde plek in die 0.19 afdeling behaal...
HVS vs Brandwag
Die afgelope naweek het Hoër Volksool se netbal- en hokkiespanne na Uitenhage gereis om teen Brandwag deel te neem. Die hokkie het goed gevaar met die volgende tellings: 0.16A wen 5 – 0 en die eerste span speel gelyk 1 – 1. Die netbal se 0.16A span het 17 – 19 verloor terwyl die eerste...
Ruiterkuns
Tydens die glans prysuitdelings- funksie by SA Kampioenskappe ontvang Zanki ook haar Senior Protea baadjie (top 6 ruiters in die land) vir beide 3 gang en 5 gang afdelings. Sy is die enigste OP ruiter wat hierdie prestasie behaal en slegs een van 3 ruiters in die land wat in beide Senior spanne opgeneem is. Sy eindig by die...
HVS Opedag
HVS vs Middelburg
Ons het ook in die week teen Middelburg gespeel op die netbal en rugbyvelde. Dit het oor die algemeen baie goed gegaan met ons spanne. Netbal: 0.14 A verloor 12 – 15 0.14B verloor 5 – 9 0.16A verloor 18 – 19 0.16B wen 16 – 11 tweedes verloor 24 – 25 eerstes wen 30...
Vrystaat Kampioenskappe
Drie van on leerders het aan die Vrystaat kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en die volgende prestasies behaal: Victor Dercksen: Lugpistool Sport o/20 1ste; .22 pistool staan o/20 2de Tarien van der Westhuizen: lugeweer oopvisier o/20 1ste; .22 geweer oopvisier o/20 3de; .22 silhouet o/20 2de; .22 geweer o/20 3de Anke van der Westhuizen: .22 geweer...
Boogskiet
Sestien van Hoër Volkskool se boogskuts het die afgelope naweek deelgeneem aan die El Shaddai Interskole Skietkompetiese in Port Alfred. Ons skuts het baie goed gevaar en Casper Erasmus het ‘n silwer medalje ontvang in die 3D kompetisie.








