Vier van Hoër Volkskool se rugbymanne gaan tydens die vakansie op die rugbyveld draf met hul OP Platteland truie aan. Elrico Prins, ‘n gr 8 leerling, is gekies vir die 0.13 OP A-span wat die vakansie aan die Cravenweek gaan deelneem te Wit Rivier in Mpumalanga. Jaydee Jooste is gekies vir die OP Platteland 0.18...
Author: admin
Muurbal
Boetie en sussie doen dit weer! Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe- Brown, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het hulself weer as kranige muurbalspelers bewys. Marlien is gekies vir die OP 0.16A span terwyl Llewellyn as reserwe vir die 0.19A span gekies is. Hierdie is ‘n groot prestasie aangesien Llewellyn eintlik nog 0.17 is. Hul gaan...
Netbal
Hoër Volkskool se Netbalspeelsters het omtrent stof opgeskop hierdie jaar met 5 van ons speelsters wat gekies is vir die Oos-Kaap 0.18 span. Hierdie speelsters gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi te Boksburg deelneem. Ons wens hul alle sterkte toe!
OP Hokkie
Van ons skool se hokkiespelers het deelgeneem aan die Oostelike Provinsie hokkieproewe te Port-Elizabeth. Cara Leonard (links) en Logan Ludick het uitgestaan en is in die onderskeie spanne opgeneem. Cara is gekies vir die 0.18B span. Hul gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale Toernooi te Durban deelneem. Logan is gekies vir die 0.16B span...
Skaak
Een van Hoër Volkskool se skaakspelers het deelgeneem aan die Middelburg Ope Skaaktoernooi wat aangebied is te Primêre Skool Karel Theron te Middelburg. Die doel van die toernooi was om deel uit te maak van die keuring vir die Suid-Afrikaanse Junior Skaak-kampioenskappe. Jeffson Arends, ‘n 0.16 speler, het algeheel eerste in sy ouderdomsgroep geeïndig. Baie...
Muurbal
Die afgelope naweek het twee van Hoër Volkskool se muurbalspelers aan die Allen Stapleton MuurbalToernooi in Port Elizabeth deelgeneem. Hierdie toernooi maak deel uit van die finale proewe vir die OP spanne in Muurbal. Marlien Crewe-Brown het derde gekom in die 0.16 toernooi, terwyl Llewellyn Crewe-Brwon ‘n algehele twaalfde plek in die 0.19 afdeling behaal...
HVS vs Brandwag
Die afgelope naweek het Hoër Volksool se netbal- en hokkiespanne na Uitenhage gereis om teen Brandwag deel te neem. Die hokkie het goed gevaar met die volgende tellings: 0.16A wen 5 – 0 en die eerste span speel gelyk 1 – 1. Die netbal se 0.16A span het 17 – 19 verloor terwyl die eerste...
Ruiterkuns
Tydens die glans prysuitdelings- funksie by SA Kampioenskappe ontvang Zanki ook haar Senior Protea baadjie (top 6 ruiters in die land) vir beide 3 gang en 5 gang afdelings. Sy is die enigste OP ruiter wat hierdie prestasie behaal en slegs een van 3 ruiters in die land wat in beide Senior spanne opgeneem is. Sy eindig by die...
HVS Opedag
HVS vs Middelburg
Ons het ook in die week teen Middelburg gespeel op die netbal en rugbyvelde. Dit het oor die algemeen baie goed gegaan met ons spanne. Netbal: 0.14 A verloor 12 – 15 0.14B verloor 5 – 9 0.16A verloor 18 – 19 0.16B wen 16 – 11 tweedes verloor 24 – 25 eerstes wen 30...









