Tydens die glans prysuitdelings- funksie by SA Kampioenskappe ontvang Zanki ook haar Senior Protea baadjie (top 6 ruiters in die land) vir beide 3 gang en 5 gang afdelings. Sy is die enigste OP ruiter wat hierdie prestasie behaal en slegs een van 3 ruiters in die land wat in beide Senior spanne opgeneem is. Sy eindig by die...
Author: admin
HVS Opedag
HVS vs Middelburg
Ons het ook in die week teen Middelburg gespeel op die netbal en rugbyvelde. Dit het oor die algemeen baie goed gegaan met ons spanne. Netbal: 0.14 A verloor 12 – 15 0.14B verloor 5 – 9 0.16A verloor 18 – 19 0.16B wen 16 – 11 tweedes verloor 24 – 25 eerstes wen 30...
Vrystaat Kampioenskappe
Drie van on leerders het aan die Vrystaat kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en die volgende prestasies behaal: Victor Dercksen: Lugpistool Sport o/20 1ste; .22 pistool staan o/20 2de Tarien van der Westhuizen: lugeweer oopvisier o/20 1ste; .22 geweer oopvisier o/20 3de; .22 silhouet o/20 2de; .22 geweer o/20 3de Anke van der Westhuizen: .22 geweer...
Boogskiet
Sestien van Hoër Volkskool se boogskuts het die afgelope naweek deelgeneem aan die El Shaddai Interskole Skietkompetiese in Port Alfred. Ons skuts het baie goed gevaar en Casper Erasmus het ‘n silwer medalje ontvang in die 3D kompetisie.
HVS Gimnastiek
Die volgende gimnaste het die afgelope naweek aan die Oos-Kaap Gimnastiek Kampioenskappe kompetisie deelgeneem. Hul het die Karoospan verteenwoordig en elkeen ‘n brons medalje verower. Vlnr: Jana Neethling, Sophia Louw en Zoe Hattingh
Oos-Kaap Netbalproewe
Die afgelope naweek het sewe van ons netbalspeelsters aan die finale Oos-Kaap Netbalproewe te Oos-Londen deelgeneem. Van die sewe speelsters is vyf gekies tot die 0.18 span wat tydens die Junie vakansie aan die Interprovinsiale toernooi in Boksburg gaan deelneem. Hul is vlnr: Dehana van der Merwe, Lykita Koeberg, Maryna Nell, Linda Lotter en Caryn...
SA Skole en Junior Atletiek
Die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe het vanaf 14 tot 16 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind. Die room van die land se skole atlete het prestasies van hoogstaande gehalte gelewer. Shirwan van Staden het baie goed presteer en deurgedring na die finaal van die 100 meter seuns o.19. Hy het ‘n vyfde plek in die finaal...
Erekleure
Die volgende leerlinge het gekwalifiseer vir erekleure vir top prestasies op sportgebied: Petri van der Merwe (Tennis), Marnie van der Merwe (Atletiek), Inke van der Merwe (tennis), Llewellyn Crewe-Brown (Swem), Sherwin van Staden (Atletiek), Marlien Crewe-Brown (Tweekamp) en Tiane Lombard (Atletiek)
Akademiese Top 10
Die kwartaalikse akademiese top 10 presteerders is aangekondig na die eerste kwartaal. Die volgende leerlinge is in die eerste klasposisie van hul onderskeie grade: Zenke Enslin (gr8), Juryna Fourie (gr 11) Jean-Louis du Plessis (gr 10), Pierre van der Merwe (gr 12) en Chloe Stannard (gr9)








