Agttien Hoërskole het aan die Streekbyeenkoms op Collie Koeberg Stadion deelgeneem. Die atlete van Hoër Volkskool het 34 eerste plekke behaal. Albrecht de Jager : Spiesgooi S o/14 : 28,35 m Lliam van Heerden : Driesprong S o/15 : 10,20 m...
Author: admin
AFSKEID
Tydens juffrou Magda van Heerden se laaste saalbyeenkoms, het die Volksmond-bestuur amptelik van haar afskeid geneem. Hier is Jorinda Gouws, Dillon Stannard, Emile Blignaut, Theodor Dorfling Inge Jansen en Annika Fitzgerald saam met mev Magda van Heerden.
Swem
“Die laaste week van Januarie is daar ‘n reuse B groep gala aangebied in Port Elizabeth. Met oor die 700 inskrywings van meer as 40 skole was die paviljoene gepak en die kompetisie straf. Hoër Volkskool het ook twee swemmers gehad wat hul skool verteenwoordig het. Marlien en Llewellyn Crewe-Brown het in dieselfde oudersoms groep...
Graad 8 verwelkomingsseremonie
By die afgelope saalbyeenkoms, is die graad 8’s offisieël welkom geheet by Hoër Volkskool, met ‘n tradisionele verwelkomingsseremonie. Die gr 8’s mag tot dusver nie hul baadjies skool toe aangetrek het nie. By die seremonie moes hul opstaan en ‘n eed van getrouheid aflê. Daarna het elke gr 8 se matriekvoog hul baadjies vir hul...
Vuurdoop vir boogskieters
NASP – VOLKSKOOL het Saterdag 26 Januarie hul eerste kompetisie (NASP KWAGGA OPE) van die nuwe seisoen geskiet. 70 skuts sover as Oos-Londen en Victoria-wes het deelgeneem. Uit die 14 VOLKSKOOL skuts was daar 4 skuts wat hul eerste kompetisie ooit geskiet het. Met die intrapslag het hulle aan die 3D afdeling van die kompetisie...
OP Platteland Tennis
Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is ingesluit by die OP Platteland tennisspanne. Petri van der Merwe het ‘n uitsonderlike prestasie beriek deur ook ingesluit te word by die OP-span. Hy gaan die Oostelike Provinsie by die SA Skole-toernooi verteenwoordig. Alwyn van der Agter: Merwe( 0.16), Dieter Bertram (0.19), Victor Dercksen (0.14), Marco Jooste (0.16),...
Graad 8 Leerlingraad
Die gr 8 leerlingrraad vir die termyn 2019 is aangekondig. Hul is van links na regs: Lynette Truter, Melandri Lombard, Danah Nel en Hennie Barnard. Om Volksies se leierskap te ontwikkel is vir ons ‘n groot prioriteit. Baie sterkte aan hierdie vier leerlinge!
Akademiese Top 10
Hoër Volkskool gee aan die einde van elke kwartaal akademiese erkenning aan ons leerders wat hard gewerk het nadat die eksamen afgelê is. Die top 10 kandidate van elke graad word in ‘n amptelike saalbyeenkoms aangewys. Na die afgelope November eksamen, is die volgende leerlinge aangewys as die toppresteerders in hul graad: Mia du Plessis...









