Die volgende leerlinge het met baie harde werk en geduld ‘n baie goeie prestasie behaal. ‘n Leerling moet ‘n gemiddelde A behaal vir die Junie eksamen, asook ‘n gemiddelde A handhaaf tydens die November eksamen om te kan kwalifiseer vir erekleure in Akademie. Elkeen van hierdie leerlinge het erekleure vir akademie behaal met hierdie vereistes....
Author: admin
Krieket
Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte teen Gill College op die krieketveld gemeet. Dit was bloedig warm maar die spelers het steeds hul beste gegee. Hoër Volkskool het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 99 lopies. Daarna het Gill opgestap. Die Volksies was egter net te goed vir Gill en haal hulle almal...
OP Tweekamp
Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool is verkies tot die OP Tweekamp-spanne wat die 2de Februarie aan ‘n interprovinsiale tweekamp byeenkoms in Oudtshoorn gaan deelneem. Dit sluit die dissiplines swem en hardloop in. Marlien Crewe- Brown, 0.15 B span, Llewellyn Crewe-Brown, 0.17 A span en Danè Thiart 0.15 Ontwikkelingspan. Baie geluk en baie sterkte!
Graad 8 Kamp en Spanbou
Hoër Volkskool het hul jaarlikse kamp aangebied waar die nuwe gr 8 leerlinge van die skool vir twee dae by die skool kamp in ‘n tentedorp. Tydens hierdie kamp doen hul paar spanbou aktiwiteite en leer hul ook meer van die skool, die skool se geskiedenis, tradisies en reëls.
Konsert
By die jaarlikse gr 8 konsert is die nuwe onderwysers by die skool ook nie ontsien nie, en moes hul ook ‘n item lewer. Hul het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die leerlinge het uit hul mae gelag vir hul toneelspel. Links: me. Jonkers, mnr Wiid, me. Coetzee, me. Venter en me. Steenkamp...
Nuwe koshuisouers
Janine het groot geword in Bloemfontein en het ook ‘n rukkie in die platteland gebly, sy het na haar hoërskoolloopbaan in Bloemfontein gestudeer. Sy het aanvanklik ‘n graad in onderwys behaal, maar die sielkunde het haar meer gefassineer. Sy het dus ‘n Honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde behaal en ook hierna haar Meestersgraad in Spelterapie voltooi....
Nuwe Onderwysers
Elcarla Jonkers, Brendan Wiid, Chante Coetzee, Sumaritha Steenkamp en Janè Venter. Me. Jonkers kom van Oudtshoorn waar sy by die HTS Morester gematrikuleer het. Sy het haar B.Ed graad voltooi aan die PUK in Ingenieursgrafika en Ontwerp en Besigheidstudies. Sy gaan besigheidstudies by Hoër Volkskool aanbied. Sy gaan baie betrokke wees by die kultuur van...
Matriekuitslae
Hoër Volkskool het baie goeie nuus ontvang 4 Januarie 2019, toe die klas van 2018 se uitslae bekend gemaak is. Ons het ‘n slaagsyfer van 94,2% behaal waarvan 69% van ons leerlinge kwalifiseer vir toelating tot Baccalaureusgraad-kursusse Ons spog met 50 vak A-gemiddeldes. Ons top 5 kandidate is 1: Engeri Fourie met 6...
Klas van 2018
Maandag, 26 November, het die Volksie Klas van 2018 offisieël hul skooljare afgesluit met hul laaste vraestel. Nadat hul geskryf het, het hul, net so opgewonde ouers, ‘n erewag voor die deur gestaan om die jong volwassenes te verwelkom in die grootmenswêreld. Die ouers het hul bederf met ‘n glasie sjampanje. Die matrieks het hul...
OP Ruiterkuns
Marichen Piek (links) en Zanki Botha, albei leerlinge van Hoër Volkskool, is ingesluit by die Oostelike Provinsiale Ruiterkunsspanne. Driegang: Zanki Botha en Marichen Piek, Vyfgang: Zanki Botha. Hierdie twee ruiters sal in Januarie 2019 aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem te Parys, Suid-Afrika.









