Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is ingesluit by die OP Platteland tennisspanne. Petri van der Merwe het ‘n uitsonderlike prestasie beriek deur ook ingesluit te word by die OP-span. Hy gaan die Oostelike Provinsie by die SA Skole-toernooi verteenwoordig. Alwyn van der Agter: Merwe( 0.16), Dieter Bertram (0.19), Victor Dercksen (0.14), Marco Jooste (0.16),...
Author: admin
Graad 8 Leerlingraad
Die gr 8 leerlingrraad vir die termyn 2019 is aangekondig. Hul is van links na regs: Lynette Truter, Melandri Lombard, Danah Nel en Hennie Barnard. Om Volksies se leierskap te ontwikkel is vir ons ‘n groot prioriteit. Baie sterkte aan hierdie vier leerlinge!
Akademiese Top 10
Hoër Volkskool gee aan die einde van elke kwartaal akademiese erkenning aan ons leerders wat hard gewerk het nadat die eksamen afgelê is. Die top 10 kandidate van elke graad word in ‘n amptelike saalbyeenkoms aangewys. Na die afgelope November eksamen, is die volgende leerlinge aangewys as die toppresteerders in hul graad: Mia du Plessis...
Akademiese Erekleure
Die volgende leerlinge het met baie harde werk en geduld ‘n baie goeie prestasie behaal. ‘n Leerling moet ‘n gemiddelde A behaal vir die Junie eksamen, asook ‘n gemiddelde A handhaaf tydens die November eksamen om te kan kwalifiseer vir erekleure in Akademie. Elkeen van hierdie leerlinge het erekleure vir akademie behaal met hierdie vereistes....
Krieket
Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte teen Gill College op die krieketveld gemeet. Dit was bloedig warm maar die spelers het steeds hul beste gegee. Hoër Volkskool het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 99 lopies. Daarna het Gill opgestap. Die Volksies was egter net te goed vir Gill en haal hulle almal...
OP Tweekamp
Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool is verkies tot die OP Tweekamp-spanne wat die 2de Februarie aan ‘n interprovinsiale tweekamp byeenkoms in Oudtshoorn gaan deelneem. Dit sluit die dissiplines swem en hardloop in. Marlien Crewe- Brown, 0.15 B span, Llewellyn Crewe-Brown, 0.17 A span en Danè Thiart 0.15 Ontwikkelingspan. Baie geluk en baie sterkte!
Graad 8 Kamp en Spanbou
Hoër Volkskool het hul jaarlikse kamp aangebied waar die nuwe gr 8 leerlinge van die skool vir twee dae by die skool kamp in ‘n tentedorp. Tydens hierdie kamp doen hul paar spanbou aktiwiteite en leer hul ook meer van die skool, die skool se geskiedenis, tradisies en reëls.
Konsert
By die jaarlikse gr 8 konsert is die nuwe onderwysers by die skool ook nie ontsien nie, en moes hul ook ‘n item lewer. Hul het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die leerlinge het uit hul mae gelag vir hul toneelspel. Links: me. Jonkers, mnr Wiid, me. Coetzee, me. Venter en me. Steenkamp...









