Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Veldfiets wedren
Post

Veldfiets wedren

Erik Swanepoel het die naweek van die 16de Maart 2024, aan die Rover Motorfietsklub se Enduro tweede rondte deelgeneem. Die rondte was baie vinnig, met n mengsel van los klippe, los grond en sand. Op sekere seksies was daar ‘n topspoed van 120-130 km/h gehaal en moes hy teen die hoë spoed met tye ‘n...

Atletiek
Post

Atletiek

Vincent Pienaar het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te Paarl deelgeneem. Hy het aan die 100m o.15-item deelgeneem en vyfde in sy uitdun geëindig. Sy tyd was 11:56 sekondes.Baie geluk Vincent!

Akademiese Top 10: Graad 8 – 12
Post

Akademiese Top 10: Graad 8 – 12

Die volgende leerders het akademies presteer in die eerste kwartaal. Die volgende plekke is behaal: Graad 12 Freddie van der Mescht (nr 7), Stephan Vosloo (nr 9), Adriaan Blignaut (nr 1), Hubert Viljoen (nr 4) en Xander Keyser (nr 2).Voor: Anya Cornelius (nr 5), Deslaine Booysen (nr 3), Emma van Gent (nr 8), Chenique Koopman...

Swem Toekennings
Post

Swem Toekennings

Die volgende leerders het toekennings ontvang vir hul bydrae tot die suksesvolle swemseisoen van Hoër Volkskool: Agter: Lara Vosloo, Lua Bouwer, Elné Viljoen, A.W. Lambrechts, Jan-Theo van Tonder, Hannes van der Merwe, Kian Keyser, Ruben van der Ahee en Mark Blom. Voor: Johan Viljoen, Anya Cornelius, Jani van der Merwe, Danel de Koker, Carla van...

Tweekamp
Post

Tweekamp

Hannes van der Merwe, gr 10-leerder van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die Suid Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe te Bloemfontein, deelgeneem. Hy het die Oostelike Provinsie in die o.17-afdeling deelgeneem. Die hardloop-afdeling het by die Mangaung-stadion plaasgevind en Hannes het die 800m in ‘n van 2:15 voltooi. Daarna was die swem-afdeling by die Mangaung...

Oakdale Rugby Resultate
Post

Oakdale Rugby Resultate

Baie geluk aan Volkskool met die fantastiese uitslae by die Oakdale Rugby Fees wat die naweek plaasgevind het! Ons is ongelooflik trots op julle!

Hokkie
Post

Hokkie

Vandag was die laaste dag van die jaarlikse Union High School Senior Hokkietoernooi. Hoër Volkskool het die besige naweek afgesluit en teen Victoria Girls gespeel. Ons het op ‘n hoogtepunt geëindig en 3-2 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald, Anishka Luiters en Jani van der Merwe aangeteken. Die span het algeheel vyfde uit 17 spanne...

Rugby
Post

Rugby

Sondagaand het van die spelers wat aan die Klein Karoo Saadproduksierugbyweek by Landbouskool Oakdale, deelgeneem het, tydens ‘n prysuitdeling, vir hul goeie spel erkenning gekry. Zak Wolfaardt van HVS is as die nr. 7 (flank) vir die Klein Karoo Saadproduksie XV-span aangewys. Baie geluk, Zak. Volg die skakel vir meer inligting: