Die leerlingraad vir die nuwe termyn is verkies! Ons is baie opgewonde om die volgende leiers vir die volgende termyn bekend te stel:
Category: Nuusberigte
Huiskomitee 2024
Op Donderdag, 12 Oktober 2023, het Huis Cronjé hulle koshuisdinee gehou, waartydens die huiskomitee vir 2024 aangekondig is. Baie geluk aan die volgende leerders: (Foto vlnr) Carla van Tonder, Lisa Steynberg, Anya Cornelius, Saré Viljoen (onderhoofmeisie), Jani van der Merwe (hoofmeisie), Zak Wolfaardt (hoofseun), Jan-Theo van Tonder (onderhoofseun), A.J. de Jager, Pieter van der Merwe,...
ATKV Karoo Toneelfees
Hoër Volkskool Graaff-Reinet het die afgelope vakansie aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in die Apollo Teater met sy ryke geskiedenis te Victoria-Wes deelgeneem.Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars uit die Suid-Afikaanse vermaaklikheidswêreld, naamlik Danielle Retief ( 7de Laan), Rowlen von Gericke (Getroud met Rugby) en die joernalis Rasaad Adams.Harde...
HVS 7’s Rugby
Baie geluk aan Hoër Volkskool wat die Blikkies 7’s Rugbytoernooi gewen het.Geluk aan ons afrigter, Jaco van Schalkwyk met jou span se trofee! Dankie, Bertus Pretorius, vir jou aandeel in die span se prestasies.
Nasionale Boogskiet-toernooi
Leerders van Hoër en Laer Volkskool Graaff-Reinet neem hierdie week aan die2023 AGA-SA Nasionale Boogskiettoernooi te Springs deel.Baie sterkte met julle deelname vandag en môre.Foto’s: Riaan Enslin
Raptors Martial Arts
26 September het Raptors Martial Arts klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou. Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt: Renaldo van der Westhuizen – Geel Jean van Wyngaardt – Geel 2 Gert Theron – Geel 2 Reaglin Maarman – Oranje Mikha Enslin – Oranje. Reaglin en Mikha het van geel na oranje...
A-Liga Swemgala
Die naweek van 21 September het Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger deelgeneem aan die A-Liga swemgala te Gqeberha. Albei het podiumplekke behaal en ‘n paar van hul persoonlike beste tye verbeter. Chris het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Vlak 2 Swemgala 2024 en Kate-Lynn vir die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemgala in 2024.
Eksamen wense
Die graad 12-leerders was na afloop van hulle eksamen gister, elkeen met ‘n heerlike kolwyntjie en ‘n spesiale eksamenboodskappie bederf. Tannie Ingrid Boshoff het namens NG Graaff-Reinet die kolwyntjies kom uitdeel. Baie dankie aan die NG Gemeente vir julle omgee en aanmoediging.
Dans
Kate-Lynn Kruger, ‘n graad 8-leerling aan Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Sy is ook lid van die Chinelle School of Dancing, te Graaff-Reinet. Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar...
Swem
Chris de Wet, ‘n graad 10-leerling van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die tweede A-Liga swemgala te Gqerberha deelgeneem. Hy het baie goed evaar en behaal drie podium-plekke. Derde plekke in die 50m en die 100m borsslag Tweede plek in die 200m borsslag. Chris eindig in die top 5 vir die volgende items:...









