Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Akademiese Top 5
Artikel

Akademiese Top 5

GRAAD 11: NOVEMBER 2023 Hoër Volkskool kondig met trots die volgende leerders aan, wat na afloop van die November 2023-eksamen in die Top 5 op die akademiese ranglys pronk: FOTO VLNR Christiaan Prinsloo (derde), Juan Stannard (vierde), Attie Blignaut (eerste), Xander Keyser (tweede) en Emma van Gent (vyfde) GRAAD 10: NOVEMBER 2023 Hoër Volkskool kondig...

ATKV-Jeugtak se nuwe bestuur
Artikel

ATKV-Jeugtak se nuwe bestuur

Dit is met groot opgewondenheid dat HVS se ATKV-Jeugtak die volgende leerders aankondig, wat tot die ATKV-bestuur vir 2024 verkies is. Hulle beplan al reeds ‘n hele paar opwindende projekte vir die jaar. Die komitee gaan op die ATKV se doelwitte om Afrikaans as Moedertaal te bevorder, voortbou. Foto: Agter: Bianca Swart, Jozelle Calitz (onder-voorsitter),...

Atletiek
Artikel

Atletiek

Hoër Volkskool het op Woensdag, 24 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Ondanks die karooson wat vir hoë temperature gesorg het, het dit geensins die Volksie-atlete terug gehou nie. Deelname aan dié geleentheid was ‘n rekord opsig self. Dit het met goeie gees en uitstekende prestasies gepaard gegaan, wat van die dag ‘n belewenis gemaak...

Junior Leerlingraad
Artikel

Junior Leerlingraad

Die volgende graad 8-leerders het met die intrapslag by Hoër Volkskool, goeie leiereienskappe getoon en is deur hul jaargroep tot die junior leerlingraad vir 2024, verkies. Hulle het op Maandag, 29 Januarie hul eed afgelê.HVS wens elkeen van hierdie leerders ‘n suksesvolle termyn toe.Foto (vlnr): Chelsea Hendricks, AW Lambrechts, Arno Slabbert en Monique Nell.

Swem
Artikel

Swem

HVS-swemmer, Kate-Lynn Kruger, het gedurende Desember 2023 aan die Nelson Mandela Bay Championship swemgala in Gqebera deelgeneem, waar sy oudergewoonte haar beste gegee en baie goeie tye opgestel het. Sy het ook vroeg vanjaar aan die A-liga swemgala, in Gqebera, deelgeneem. Tydens hierdie byeenkoms het sy twee eerste plekke, ‘n tweede plek en ‘n derde...

Huis Cronje
Artikel

Huis Cronje

Dit is híer, in die eetsaal van Huis Cronje, waar jou kind tuis en welkom is. Híer waar jy lag oor die dag se mannewales, onmisbare vriendskappe koester en daagliks smul aan gebalanseerde, tuisgemaakte maaltye wat Huis Cronje soos huis laat voel.

Tweekamp
Artikel

Tweekamp

Hannes van der Merwe (graad 10) het op 25 November 2023 en 14 Januarie 2024 aan tweekampligabyeenkomste te Port Elizabeth deelgeneem en baie goed gevaar. Hy is in die OP tweekampspan opgeneem en sal aan ‘n interprovinsiale tweekampbyeenkoms te Oudtshoorn op 3 Februarie 2024, deelneem. Baie geluk, Hannes en sterkte met jou voorbereiding vir die...

TOP PRESTEERDERS
Artikel

TOP PRESTEERDERS

Zenke Enslin, as die Top Presteerder van Hoër Volksool, is met trots aangewys as die Top Student in die Sarah Baartman-distrik. Sy gaan Fisioterapie aan die Universiteit van Kaapstad studeer, maar is vasbeslote om haar langtermyn doelwit, naamlik mediese studies te verwesenlik.Zenke Enslin (Gem 88,9%)Afrikaans HT 87%English FAL 88%Lewensoriëntering 87%Wiskunde 90%Fisiese Wetenskap 89%Lewenswetenskap 85%Rekeningkunde 96%Sy...

Matriekuitslae
Artikel

Matriekuitslae

Een van Volkskool se doelwitte is om as top presterende skool in die platteland bekend te staan en ons is vinnig besig om ons doelwit te bereik.Die Top 10-kandidate is as volg: Baie geluk aan die Matriekklas van 2023 met julle goeie uitslae!

Tennis
Artikel

Tennis

Hoër Volkskool se tennisspeler, Alecia Louw (derde van links), is ingesluit in die Oos-Kaap o.15 tennisspan. Die span neem tans in Pretoria aan die nasionale IPT deel en het hul wedstryde teen die Vrystaat en Natal verloor maar hulle wedstryde teen Zimbabwe gewen.Alecia vaar baie goed in haar enkelwedstryde.Baie sterkte aan Alecia en haar spanmaats...