Huis Cronje (Beheerliggaam)
Kategorie: Nuusberigte
Swem
Twee van Hoër Volkskool se swemmers het die afgelope naweek aan die Top 8-gala in Port Elizabeth deelgeneem. Deelname aan hierdie gala is slegs op uitnodiging en is dit ‘n besonderse prestasie om slegs te kan deel neem. Nietemin het hierdie twee swemmers hul skool trots gemaak met die volgende prestasies:Lara Vosloo behaal ‘n 6de...
Gauteng Eisteddfod
Graad 11 leerder, Xander Keyser, het sy fotografie talent by Del Arte Eisteddfod in Vereeniging, Gauteng, in die Fotografie Afdeling gaan tentoonstel.Die beoordelaars was baie beïndruk met sy fyn oog en talent en het die ses foto’s wat ingeskryf was, die volgende uitslae behaal:1 x A+ vir bo 80%4 x A++ vir bo 85%1 x...
Motorfiets kampioen
HVS leerder, Erik Swanepoel, het op 4 November aan die vyfde rondte van die Rover Motorfietsklub se kampioenskappe deelgeneem en behaal ‘n eerste plek in die hoërskole afdeling waar hy die tweede plek drywer met 9:43 gewen het! Hierdie uitmergelende kompetisie behels ‘n 18 km baan wat in drie rondtes voltooi moet word. Met moeilike...
HVS vier wapenstilstanddag
Jaarliks word Wapenstilstandsdag op 11 November gevier en pronk papawer blommetjies op lapelle wêreldwyd. Die St James Anglikaanse Kerk het vanjaar hul gedenkdiens op Sondag 12 November aangebied waar die lewens van soldate wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog hul lewens verloor het, gedenk was met die gebruiklike kransleggings. Hoër Volkskool se hoofleiers, Xander Keyser en...
Nederland Hokkietoer
Graad 9-leerder, Luan Hanekom, was die afgelope vakansie op ‘n avontuur soos min! Into Africa Sports reisgroep het verskeie hokkiespanne na Nederland laat toer. Luan was deel van die o.19 Elsie Coetzer seunsspan. Tydens die toer het hul vier intensiewe oefensessies met Nederlandse afrigters gehad en ook drie wedstryde gespeel.Tussendeur kon hul darem ook bietjie...
GRT Superbal
Vrydag, 24 November: Gholf : 14:00 Saterdag, 25 November: Tennis & Rolbal: 08:00 TENNIS GHOLF ROLBAL Kom deel in die pret en maak vir jou ‘n span bymekaar… _Is hierdie slegs vir ernstige sportmanne/vroue?_ *GLAD NIE!* Hierdie is vir enige iemand wat lus is vir pret en om lekker pryse te wen! _Ek het nog nooit rolbal...
Kultuuraand
Ons het hierdie jaar geen steen onaangeroer gelaat om Hoër Volkskool se uitvoerende kunste tot nuwe hoogtes te stuur nie.Na uitstekende resultate by die Kunstefees en ons prysenswaardige oorwinning in die Karoo Interskole Toneelfees, het ons die jaar met ons pasafgelope Kultuuraand op ‘n hoogtepunt afgesluit.Die Volksies het behoorlik gespog met hulle talent. Daar is...
Prysuitdeling 2023
Hoër Volkskool se prysuitdeling was ‘n spoggeleentheid en ons was bevoorreg om ons leerders vir hul akademiese, sport en kultuur prestasies vir die jaar te vereer. So ‘n geleentheid spreek boekdele van ons leerders se toewyding en harde werk gedurende die jaar. Ons is trots op elkeen van julle! (Klik op die foto vir die...









