By Hoër Volkskool se gimnasium is ‘n buitelug oefenbaan, bekend as die Makula Muscle Mall. Nadat die gimnasium vergroot is, was die vergroting van hierdie oefenbaan volgende op die lys.Baie dankie aan Campbell Scott wat sy grondverskuiwingsmasjiene beskikbaar gestel het, om die terrein gelyk te maak.ISU-Rommel se werkers het ook hand bygesit met die laaste...
Kategorie: Nuusberigte
Gevegskuns
HVS se leerders wat studente van Raptors Martial Arts-klub is, het op Saterdag 14 Oktober 2023, aan die East Coast Elephant Open in Jeffreysbaai deelgeneem. Studente van verskillende klubs regoor die land het hieraan deelgeneem.Die deelnemers het onderskeidelik aan die Tatami punte gevegkuns en Tatami semi-kontak gevegkuns dissiplines meegeding. Die kompetisie was intens en straf....
Hoofleiers 2024
Na afloop van Hoër Volkskool se 2023 prysuitdeling, is die hoofleiers vir 2024 aangekondig. vlnr: Jan-Theo van Tonder – onderhoofseun, Jani van der Merwe – hoofdogter, Xander Keyser – Hoofseun en Zanri Groenewald – onderhoofdogter. Dit is ‘n baie sterk leierspan en ons glo hul sal die skool en sy leerlinge tot verdere hoogtes lei....
Leerlingraad 2024
Die leerlingraad vir die nuwe termyn is verkies! Ons is baie opgewonde om die volgende leiers vir die volgende termyn bekend te stel:
Huiskomitee 2024
Op Donderdag, 12 Oktober 2023, het Huis Cronjé hulle koshuisdinee gehou, waartydens die huiskomitee vir 2024 aangekondig is. Baie geluk aan die volgende leerders: (Foto vlnr) Carla van Tonder, Lisa Steynberg, Anya Cornelius, Saré Viljoen (onderhoofmeisie), Jani van der Merwe (hoofmeisie), Zak Wolfaardt (hoofseun), Jan-Theo van Tonder (onderhoofseun), A.J. de Jager, Pieter van der Merwe,...
ATKV Karoo Toneelfees
Hoër Volkskool Graaff-Reinet het die afgelope vakansie aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in die Apollo Teater met sy ryke geskiedenis te Victoria-Wes deelgeneem.Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars uit die Suid-Afikaanse vermaaklikheidswêreld, naamlik Danielle Retief ( 7de Laan), Rowlen von Gericke (Getroud met Rugby) en die joernalis Rasaad Adams.Harde...
HVS 7’s Rugby
Baie geluk aan Hoër Volkskool wat die Blikkies 7’s Rugbytoernooi gewen het.Geluk aan ons afrigter, Jaco van Schalkwyk met jou span se trofee! Dankie, Bertus Pretorius, vir jou aandeel in die span se prestasies.
Nasionale Boogskiet-toernooi
Leerders van Hoër en Laer Volkskool Graaff-Reinet neem hierdie week aan die2023 AGA-SA Nasionale Boogskiettoernooi te Springs deel.Baie sterkte met julle deelname vandag en môre.Foto’s: Riaan Enslin
Raptors Martial Arts
26 September het Raptors Martial Arts klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou. Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt: Renaldo van der Westhuizen – Geel Jean van Wyngaardt – Geel 2 Gert Theron – Geel 2 Reaglin Maarman – Oranje Mikha Enslin – Oranje. Reaglin en Mikha het van geel na oranje...
A-Liga Swemgala
Die naweek van 21 September het Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger deelgeneem aan die A-Liga swemgala te Gqeberha. Albei het podiumplekke behaal en ‘n paar van hul persoonlike beste tye verbeter. Chris het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Vlak 2 Swemgala 2024 en Kate-Lynn vir die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemgala in 2024.









