Met baie reëndruppels en plasse water oral op die terrein het die 2022 springbokjagkompetisie vroeg vanoggend afgeskop. Sterkte aan al die spanne wat vandag deelneem en onthou van die spog springbokram wat vanaand by Die Volksie opgeveil word. Kom besoek gerus ook al die uitstallers wat al reeds by Hoër Volkskool is. Baie dankie aan...
Category: Nuusberigte
Boogskiet
Vroegoggend het ‘n bussie met ons leerders na Uitenhage vertrek om daar aan die interskole-kompetisie op Daniël Pienaar se velde mee te ding. Skuts van HVS, Daniël Pienaar, Susanna Fourie, Global Academy van Jeffreysbaai, Soulpoint Archery en Kwagga Boogskietklub het meegeding. Uitslae van HVS leerders vir die dag as volg: BULLSEYE Hoërskool seuns Mathys Oberholzer ...
Somersport Toekennings
Na afloop van die somersportseisoen, het die volgende atlete en swemmer gekwalifiseer vir ‘n krultoekenning. hierdie atlete het hard gewerk in hul onderskeie dissiplines. H ierdie is ‘n mooi prestasie vir elkeen. Valentino Johannes (atletiek), Ben Lee Jooste (Atletiek) Annelie Viljoen (Atletiek) Marlien Crewe-Brown (Swem) en Aiden Thiart (Atletiek)
Atletiek Spantoekennings
Die volgende leerlinge het na afloop van die atletiekseisoen gekwalifiseer vir ‘n spantoekenning. Agter: Jani van der Merwe, Frikkie de Wee, Ethan Japhta, Anrich Nieuwoudt, Rudolph-Hein van Eeden, Mattheus van der Merwe Voor: Mikha Enslin, Malandri Lombard, Nomza Koopman, Curwin Niemand en Jandrey de Wee
Splinternuwe pawiljoene
Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van ons oud-skoliere en plaaslike besighede. Baie dankie aan Stephan de Souza van Freshstop College Motors vir die borg van hierdie twee splinternuwe pawiljoene!
100 jaar se genade
Die Volkskool gemeenskap dank God vir 100 jaar se genade met ‘n geseënde lofprysingsgeleentheid onder leiding van Retief Burger. Ons kyk terug met dankbare harte en kyk vorentoe met hoop en afwagting op God se seën en genade om die geestelike aflosstokkie van generasie na generasie vir die volgende 100 aan te gee.
Swem
Izak Hattingh, ‘n graad 12 leerling van Hoer Volkskool, is besig om homself as ‘n baie veelsydige leerling te bewys. Hy het vroeër in die jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemkampioenskappe in Port-Elizabeth. Hy het uitstaande prestasies daar behaal. Hy neem aan 12 items deel en verwerf 9 goue medaljes en 3 silwer medaljes....
Akademiese Erekleure
Die Gr 12 leerlinge het gekwalifiseer vir Akademiese erekleure in Gr 11. Hierdie leerlinge het ‘n hoë standaard gehandhaaf in hul akademie tydens hul gr 11 jaar. Ons is baie trots op elke akademiese presteerder en glo dat elkeen die standaard net so hoog sal hou in jul gr 12 jaar. Voor: Inke van der...
Motorfiets
Erik Swanepoel, ‘n Gr 8 leerling van Hoer Volkskool, het deelgeneem aan die Bridgemead Rover Enduro Kompetisie (Rondte 1) in Port Elizabeth. Dit was sy eerste kompetisie waaraan hy deelgeneem het en het uitstekend gevaar. Hy het ‘n algehele eerste plek in die Hoërskole Klub afdeling behaal. Baie geluk!
Akademiese erekleure
Jana Neethling, Sophia Louw, Megan Hendrikse, Carli Kritzinger en Zenke Enslin het na afloop van 2021 gekalifiseer vir Akademiese erekleure. Dit beteken hul kon ‘n sekere gemiddeld op akademiese gebied handhaaf oor twee eksamens.









