Uithou en aanhou terwyl ons leerlingraad moet kruip, klouter, klim en krete uitdink is deel van spanbou op Skietfontein. Tussen al die aktiwiteite deur moet hulle ook lesings bywoon. Die doel van die kamp is om HVS se leerlingraad toe te rus om as ‘n span saam te werk en oplossings vir probleme te vind....
Kategorie: Nuusberigte
Hoffman Voltameter
In dr. Paula Zandberg se Fisiese Wetenskapklas het Hoër Volkskool se graad 10-leerders vandag met ‘n Hoffman Voltameter kennis gemaak. Hulle het ‘n eksperiment gedoen om uit te vind hoe water in suurstof en waterstof geskei kan word. Hoër Volkskool – hier wil jy wees!
Nasionale Boomplantdag
Hoër Volkskool se Senior Leerlingraad het vandag, op Nasionale Boomplantdag, ‘n olyfboom geplant. Een van hulle projekte is die aanplant van ‘n Tuin van herinnering en die boom is in hierdie tuin geplant. Wanneer jy ‘n boom plant, plant jy dit vir ‘n volgende generasie. Net soos Lentedag ‘n nuwe groeiseisoen aankondig, betree Volkskool ‘n...
Lewensoriëntering
Lewensoriëntering as vak is gemik op die ontwikkeling van leerders om hul te bemagtig om ‘n positiewe bydrae in die samelewing te kan lewer. Hier by Hoër Volkskool word die graad 12-leerders aan talle uitdagings blootgestel. Hulle het verlede week vir spanbou én Lewensoriënteringprakties ‘n 5 kilometer wedloop voltooi. Hulle het gedurende die vakansie ‘n...
Noodhulp
Relay EMS (Relay Emergency Services) het verlede Vrydag ‘n inleidende noodhulpkursus vir al die graad 11-leerders as deel van hul Lewensoriëntering prakties aangebied. Die lesing het gehandel oor kardiopulmonêre resussitasie (CPR) en leerders is ook gewys wat om te doen om erge bloeding te stop. Daar was ook ‘n demonstrasie om te wys wat gedoen...
Martial Arts Klub
Drie van Hoër Volkskool se leerders is lede van die Raptors Martial Arts Klub in Graaff-Reinet. Mikha Enslin, Reagon Rhode en Jean van Wyngaardt het verlede naweek gegradeer na Geel 1. Baie geluk!
WOW-Spelfees
Die Afrikaanse WOW-spelfees het afgeskop. Die volgende leerlinge het deurgedring na die volgende rondte wat in Port-Elizabeth aangebied sal word: Ilze Vorster: algeheel vierde in graad 8 Luke Karelse: algeheel vierde in graad 10 Michayle Maarman: algeheel eerste in graad 9 Emma van Gent: algeheel eerste in graad 10. Baie geluk en sterkte met julle...
Internasionale deelname
HVS se leerder, Johndre Ludick is tans in Italië waar hy eersdaags aan ‘n Internasionale o.16 toernooi deelneem. Baie sterkte met jou voorbereiding en ook vir volgende week se deelname, Johndre. https://fb.watch/feLf9oiedX/
HVS besoek GRAWSE
Dankie juffrou Karin van Wyk dat jy ons weer herinner het om vir die natuur en gemeenskap om te gee. Wat ‘n voorreg om die mildelike skenkings van HVS se leerders en personeel aan GRAWS te kon oorhandig. Die behoeftes van hierdie organisasie word deur hierdie gebaar slegs tydelik aangespreek en daarom vra ons die...
Leerlingraad 2023
Baie geluk aan die nuut verkose leerlingraad vir 2023 wat vandag aangekondig is: Graad 11 seuns: Chequin Koopman, Albrecht de Jager, Victor Dercksen, Hennie Barnard en Remé Vorster Graad 11 dogters: Cara Jansen, Elaine van Rensburg, Melandré Kombani, Zenke Enslin en Malandri Lombard Graad 10: Zanri Groenewald, Xander Keyser, Jan-Theo van Tonder, Juan Stannard, Temzynne...









