Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Vakante posisies by HVS
Artikel

Vakante posisies by HVS

Hoër Volkskool benodig die kundigheid van ‘n dinamiese, en toegewyde Engelse Onderwyser. Aansoeke moet ‘n volledige CV, aansoekbrief en gepaste dokumente insluit en gestuur word aan: Die Skoolhoof Hoër Volkskool Posbus 21 Graaff-Reinet 6280 e-pos: ontvangs@hvsgrt.org.za Aansoeke word ingewag vir ‘n beheerliggaampos as Terreinbestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die algehele instandhouding van die terrein...

HVS neem afskeid
Artikel

HVS neem afskeid

Dit het ons Hemelse Vader behaag om vir Karin van Wyk, onderwyseres by Hoër Volkskool, in die fleur van haar lewe uit ons midde weg te neem. Karen was een van daardie vroue wat in Spreuke besing word as die deugsame vrou wie se waarde hoër is as dié van edelstene. Sy was ‘n sagte,...

Volkskool Eerste Rugbyspan
Artikel

Volkskool Eerste Rugbyspan

Na ‘n baie suksesvolle jaar het die rugbyspan, eerste hokkie- en netbalspan, asook afrigters en ouers die jaar behoorlik met ‘n ‘capping’ seremonie afgesluit. Vir meer foto’s van Interskole, Saterdag se gebeure en aksiefoto’s, volg asseblief hierdie skakel: https://karoovolksiesfotos.pixieset.com/interskolespanru…/

Volkskool gee om
Artikel

Volkskool gee om

Een van ons boustene hier by HVS is om leerders aan te moedig om betrokke te raak en ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Met beurtkrag wat meestal saans plaasvind, het HVS verneem dat daar ‘n behoefte aan lig by Huis van der Graaff bestaan. Met ons laaste “civvie” dag kon die skool genoeg...

In die klaskamer
Artikel

In die klaskamer

As deel van die sillabus het HVS se graad 10 Lewenswetenskapklas vandag die HART behandel. Hulle het die geleentheid gehad om aan ‘n hart te vat en selfs al die hartkamers te ondersoek. Die praktiese klas was baie interesant en die leerders het dit as ‘n aangename ondervinding beskryf.

Samesyn
Artikel

Samesyn

Dis so klein woordjie maar die betekenis agter dit alles is asemrowend groot. Sport dien as ‘n platform vir mense om bymekaar te kom en hul land te ondersteun. Saam met nasionale trots gaan stadstrots, in on geval “dorpstrots”. Daar is ‘n sekere samesyn of kameraderie wat tussen vreemdelinge ontstaan bloot omdat hulle in dieselfde...

Landsdiens
Artikel

Landsdiens

HVS se leerders het ‘n landsdienskamp vanaf 27 Junie tot 1 Julie bygewoon. Dit was ‘n streekskamp waarvoor die landsdieners moes kwalifiseer om by te woon. Hul het aan baie aktiwiteite deelgeneem soos modderbane, hindernisbane en ‘n nagmars. Hulle het geleer om papier te maak en elkeen het ‘n leer belt gemaak. Vier van HVS...

Boogskiet
Artikel

Boogskiet

Op 23 Julie 2022 het drie van HVS se leerders aan ‘n boogskiet-kompetisie in Jeffreysbaai deelgeneem. Die komende naweek neem hierdie skuts aan die OP-Kampioenskappe in Port Alfred deel. Volkskool uitslae: AAG Beyers Cronjé – GOUD JUNIOR DOGTERS Annelie Pieterse – GOUD Zulaine Mostert – BRONS JUNIOR SEUNS Freddie vd Mescht – SILWER Baie geluk...

Internasionale Boogskiet-toernooi
Artikel

Internasionale Boogskiet-toernooi

Annelie Pieterse (graad 12) het vanaf 1 – 3 Julie 2022 aan die Africa Genisis Archery Federation Tournament te Kimberley deelgeneem. HVS se mede-afrigter, Carol Cronjé het ook baie goed gedoen tydens die toernooi. In die Junior afdeling het Annelie individueel derde geëindig. Suid-Afrika was die algehele wenner van die toernooi en ook die wenner...

Hokkienuus
Artikel

Hokkienuus

Op Woensdag, 15 Junie 2022, het HVS se eerste hokkiespan teen Brandwag in ‘n “Knockout Cup” gespeel. Dit was ‘n wedstryd wat begin het in sonskynweer, later in reën en self hael, voordat die son weer begin skyn het. Baie geluk aan ons hokkiespan wat die wedstryd met 8 – 0 gewen het. Hulle volgende...