Veehanteringskursus

Veehanteringskursus

“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter

Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels oor basiese bestuurspraktyke, korrekte hantering en die beginsels rondom wolskaapboerdery.

’n Opregte dankie aan Juan Venter vir sy tyd, kennis en passie. Dit was ’n leersame dag wat beslis ’n blywende indruk gelaat het.