Saam met Pieter se geskiedkundige prestasie, vier Volkskool ook ‘n rits ander uitsonderlike top-prestasies. Hierdie dinamiese sprekers pronk almal onder die Top 5 in die hoërskool-afdelings:
- Drian Gildenhuys (Gr. 9)
- Mia Prinsloo (Gr. 11)
- Mikha Enslin (Gr. 12)
Danksy hierdie skitterende span is Hoër Volkskool die skool in die hele streek met die meeste sprekers in die Top 5. Ons kan amptelik spog as die beste redenaars-hoërskool in die Suidoos-Kaap vir 2026!
Volkskool bars van die trots! Ons weet hoeveel harde werk, lang ure en toewyding hiertoe gelei het.
