Vir die heel eerste keer in Volkskool se geskiedenis het ons ‘n spreker in die ATKV Redenaars se Nasionale Finaal!
Baie geluk aan Pieter Fourie (Gr. 9) wat die Suidoos-Kaap streek op 4 Augustus by hierdie gesogte landsfinaal by ATKV Klein-Kariba (Bela-Bela, Limpopo) gaan verteenwoordig.
Pieter, ons wens jou alles van die beste toe met die voorbereiding vir die finaal.
Die hele Volkskool-familie staan bankvas agter jou!
