AW Lambrechts skitter op nasionale vlak! AW Lambrechts het gedurende die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Hy het die Oos-Kaapspan verteenwoordig in die o.15 Spiesgooi-afdeling. Met ‘n indrukwekkende afstand van 46,16 meter het hy ‘n algehele 8ste plek behaal. Baie geluk, AW! Ons is ongelooflik trots op jou prestasie!
Author: admin
Afrikaans word 100
Afrikaans Word 100 – Moet dit nie misloop nie! Kaartjies is nou beskikbaar:By die skoolkantoor teen R120Hierdie is ’n eens-in-’n-leeftyd geleentheid – Afrikaans word net een keer 100 jaar oud. Ons nooi jou uit om saam met ons te kom vier!
Hokkie: ECHS Hokkietoernooi Opsomming
Hoër Volkskool se hokkiespan het tydens die afgelope vakansie aan die ECHS Hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die Vrystaat het vir koue en nat toestande gesorg, maar ons dogters het dapper gestaan!Wedstryd-uitslae: Spesiale vermelding:Alecia Louw is aangewys as speler van die toernooi! Baie geluk aan ons span – ons is trots op julle deursettingsvermoë en gees!
Top 10 Akademie
Baie geluk aan al ons leerders wat hul plek op die Top 10 verwerf het! Jou harde werk en toewyding word altyd beloon. Hou aan om te streef na uitnemendheid!
Hokkie
OPSOMMING VAN UNION HIGH SCHOOL SE JAARLIKSE SENIOR RUGBY- EN HOKKIEFEES Dit was ‘n wonderlike ervaring om soveel wedstryde te speel en waardevolle ondervinding op ons tuisdorp op te doen!
Mnr. en Mej. Volkskool
Moenie hierdie spogaand misloop nie – dit beloof om ‘n onvergeetlike geleentheid te wees!
OP Hokkie
Alecia Louw (graad 10) is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.16A hokkiespan. Uné Groenewald is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.14B hokkiespan. Baie geluk Alecia en Uné. Ons is trots op julle!
Oakdale Rugbytoer
Ons rugbyspan vertrek vandag na Riversdal, om deel te neem aan die Oakdale Rugbyweek. ’n Spesiale dankie aan:NUTRITECH vir julle ruim borgskap!Vleispaleis vir die span se toksakke! Sterkte, manne! Weet dat die hele skool agter julle staan. Gee julle alles op die veld!
Greg Beling Hockey Festival
Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het die naweek deelgeneem aan die Greg Beling Hockey Festival. Ons het die Karoo se hitte en weer saamgeneem, wat die toernooi nóg meer uitdagend gemaak het. Tog het die span elke dag gegroei en ontwikkel, en hul deursettingsvermoë was duidelik sigbaar op die veld. Baie dankie aan ons borge...









