Author: admin

Home / admin
Ontmoet me. Julia Siebrits
Artikel

Ontmoet me. Julia Siebrits

‘n Passievolle onderwyseres by Hoër Volkskool Ons is opgewonde om me. Julia Siebrits as deel van die Hoër Volkskool-span te hê! Sy bied die volgende vakke aan:Landbouwetenskappe vir Graad 10, 11 en 12Natuurwetenskap vir Graad 8Lewensoriëntering vir Graad 9Me. Siebrits het ‘n BSc-graad in Veekunde en is tans besig met haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat –...

Uitsonderlike prestasie in perdry
Artikel

Uitsonderlike prestasie in perdry

Ons is ongelooflik trots op Tiaan Fourie, Marli Fourie en Philip Ehlers, wat in Februarie aan die Saddleseat Nasionale Protea Proewe in Victoria-Wes deelgeneem het. Al drie het die Oos-Kaap verteenwoordig in HEAT 1 en daarmee hul OP Provinsiale Ruiterkuns-klere verwerf – ’n besonderse prestasie! ’n Spesiale geluk aan: Tiaan Fourie, wat gekies is vir...

Kate-Lynn Kruger blink uit in die swembad
Artikel

Kate-Lynn Kruger blink uit in die swembad

Ons is ongelooflik trots op Kate-Lynn, wat erekleure vir swem by die skool ontvang het ná haar uitstaande prestasie by die SA National Junior Age Group Championships wat van 25 tot 29 April by UWC in Kaapstad plaasgevind het. Sy het ‘n brons medalje verower in die 200m borsslag – ’n puik prestasie op nasionale...

Volkskool se gees bly onbreekbaar
Artikel

Volkskool se gees bly onbreekbaar

Die naweek se rugbywedstryde teen Marlow was ‘n ware toets van karakter vir Hoër Volkskool se spanne. Al het die uitslae nie in ons guns getel nie, het ons spelers elke oomblik van elke wedstryd met moed en trots gespeel.Wat regtig uitgestaan het, was hul deursettingsvermoë. In sekere wedstryde het spanne selfs met net 13...

Afrikaans het onder die Karoo-sterre geskitter!
Artikel

Afrikaans het onder die Karoo-sterre geskitter!

Volkskool het met trots deelgeneem aan die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar – met ’n buitelugvertoning gevul met sang, dans en digkuns. Elke optrede het ’n huldeblyk gebring aan die taal wat ons lewens, harte en stories vorm. ’n Opregte dank aan ons ouers, personeel, leerders en gemeenskap wat hierdie aand onvergeetlik gemaak het....

Volkskool leerders maak ‘n verskil!
Artikel

Volkskool leerders maak ‘n verskil!

Ons is ongelooflik trots op die 58 dapper Volkskool-leerders wat hul moue opgerol en bloed geskenk het by die South African National Blood Service. Elke sakkie bloed het die potensiaal om tot drie lewens te red – dis nie net ’n daad van moed nie, maar ook van liefde en hoop. Dankie dat julle wys...

Baie dankie aan ons ruim borge
Artikel

Baie dankie aan ons ruim borge

Ons Mnr. en Mej. Volkskool wenners is behoorlik bederf – en dis alles te danke aan julle, ons lojale en vrygewige borge. Elke geskenk, elke bydrae en elke mooi gebaar het hierdie ervaring ekstra spesiaal gemaak vir ons leerders.Ons as Volkskool wil opreg dankie sê vir die hand van ondersteuning wat julle na ons uitgesteek...

Kultuur vs Hoër Landbouskool Marlow
Artikel

Kultuur vs Hoër Landbouskool Marlow

Vandag het ons kultuurleerders die naweek se aktiwiteite afgeskop met skitterende prestasies in redenaars – en Volkskool het behoorlik skoonskip gemaak! Junior afdeling: 1ste – Pieter Fourie 2de – Hestri Pearson Senior afdeling: 1ste – Mikha Enslin 2de – Mia Prinsloo Baie geluk aan elke spreker wat met selfvertroue en styl opgetree het. Julle maak...

Mnr en Mej Volkskool – ALCHEMY
Artikel

Mnr en Mej Volkskool – ALCHEMY

Vanoggend het die Mnr. en Mej. Volkskool-wenners ’n draai gemaak by Alchemy Skin & Body, een van ons hoofborge vir die jaar.’n Spesiale dankie aan Mia du Plessis, een van Alchemy se terapeute én ’n voormalige hoofmeisie van Hoër Volkskool, wat ook die aand bygewoon het en gehelp het met die oorhandiging. Dit is altyd...

Boogskietklub
Artikel

Boogskietklub

Die Hoër Volkskool Boogskietklub het Saterdag, 26 Mei, ’n baie suksesvolle kompetisie aangebied – en ons eie skuts het behoorlik gewys wat in hulle steek! Hier’s hoe hulle gevaar het: Laerskool Meisies: Helen Grobbelaar vat twee goud! Sy skiet ’n persoonlike beste van 283 – tweede hoogste telling van die dag! Net een skut was...