Author: admin

Home / admin
Mnr. en Mej. Volkskool 2025
Artikel

Mnr. en Mej. Volkskool 2025

’n Elegante aand wat ons skoolgemeenskap weer saamgebring het en leerders die geleentheid gegee het om buite hul gemaksones te groei en te skitter. Baie geluk aan ons wenners van 2025:Mnr. Volkskool: Rikus Kleyn (Graad 12)Mej. Volkskool: Carla van Tonder (Graad 12)Eerste Prins: Chris de Wet (Graad 12)Eerste Prinses: Saré Viljoen (Graad 12)Tweede Prins: Hannes...

Verbruikersafdeling spog met nuwe voorskote:
Artikel

Verbruikersafdeling spog met nuwe voorskote:

Ons Verbruikersleerlinge is baie opgewonde oor hul pragtige nuwe voorskote en sien uit daarna om nou in styl te kook! ‘n Groot dankie aan Tooiselvere en mev. Elba Laufs vir hul ruim borgskap van hierdie wonderlike voorskote. Hier by Volkskool is dit beslis lekker!

SUID AFRIKAANSE VLAK 2 GALA
Artikel

SUID AFRIKAANSE VLAK 2 GALA

Joan Harrison Swembad, Oos-Londen (28–30 Maart 2025) Tydens die afgelope vakansie het Charl Conradie en Chris de Wet deelgeneem aan die SA Vlak 2 Gala by die Joan Harrison Pool in Oos-Londen. Die gala het spanne van 40 swemklubs van die Wes-Kaap en Oos-Kaap verwelkom. Destiny Swim Club, onder leiding van afrigter Izak Hattingh, het...

Atletiek
Artikel

Atletiek

AW Lambrechts skitter op nasionale vlak! AW Lambrechts het gedurende die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Hy het die Oos-Kaapspan verteenwoordig in die o.15 Spiesgooi-afdeling. Met ‘n indrukwekkende afstand van 46,16 meter het hy ‘n algehele 8ste plek behaal. Baie geluk, AW! Ons is ongelooflik trots op jou prestasie!

Afrikaans word 100
Artikel

Afrikaans word 100

Afrikaans Word 100 – Moet dit nie misloop nie! Kaartjies is nou beskikbaar:By die skoolkantoor teen R120Hierdie is ’n eens-in-’n-leeftyd geleentheid – Afrikaans word net een keer 100 jaar oud. Ons nooi jou uit om saam met ons te kom vier!

Hokkie: ECHS Hokkietoernooi Opsomming
Artikel

Hokkie: ECHS Hokkietoernooi Opsomming

Hoër Volkskool se hokkiespan het tydens die afgelope vakansie aan die ECHS Hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die Vrystaat het vir koue en nat toestande gesorg, maar ons dogters het dapper gestaan!Wedstryd-uitslae: Spesiale vermelding:Alecia Louw is aangewys as speler van die toernooi! Baie geluk aan ons span – ons is trots op julle deursettingsvermoë en gees!

Top 10 Akademie
Artikel

Top 10 Akademie

Baie geluk aan al ons leerders wat hul plek op die Top 10 verwerf het! Jou harde werk en toewyding word altyd beloon. Hou aan om te streef na uitnemendheid!

Hokkie
Artikel

Hokkie

OPSOMMING VAN UNION HIGH SCHOOL SE JAARLIKSE SENIOR RUGBY- EN HOKKIEFEES Dit was ‘n wonderlike ervaring om soveel wedstryde te speel en waardevolle ondervinding op ons tuisdorp op te doen!