Hoër Volkskool het ons jaarlikse prysuitdeling gehad en die volgende leerlinge het top toekennings behaal.
Author: admin
Nasionale Boogskiet
Annelie Pieterse is tans besig met haar finale eksamen en is verkies tot die AGA-SA NASIONALE Boogskietspan. Sy is opgeneem in die Nasionale Senior Boogskietspan en aangewys as die onderkaptein. Die span neem op 10 Desember 2022 in Witbank, Mpumalanga aan die AGA World Virtuele Toernooi deel. Suid-Afrika, se drie spanne (senior-, junior- en ontwikkelingspan)...
Akademie Top 10
Baie geluk aan die leerders wat op akademiese gebied presteer. Die Top 10 vir kwartaal 3 is as volg: GRAAD 12 1. Annelie Pieterse 2. Jeffson Arends 3. Lieben Bekker 4. Chloé Stannard 5. Denóvan Hoffman 6. Marlien Crewe-Brown 7. Marli van der Merwe 8. Anja Smit 9. Tanya Nieuwoudt 10. Inké van der Merwe...
Jim Fouché Atletiek
Verlede naweek het ag atlete van Hoër Volkskool na Bloemfontein getoer om aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms deel te neem. Die atlete wat die beste presteer het, is as volg: ALBRECHT DE JAGER: 6de – seuns o.19 spiesgooi, 42.08 meter RUDOLPH HEIN VAN EEDEN: 5de – seuns o.15 hoogspring , 1.50 meter AIDAN THIART: 4de...
Huis Cronje Huiskomitee 2023
Huis Cronjé, die koshuis van Hoër Volkskool, het onlangs ‘n koshuisafskeid gehou en die huiskomitee vir 2023 aangewys. Dogters: Anya Cornelius, Zoe Hattingh, Malandri Lombard (hoofdogter), Sophia Louw en Jani van der Merwe Seuns: Jade Smith, A.J. de Jager, Albrecht de Jager (hoofseun), Jan Theo van Tonder en Zak Wolfaardt Baie geluk en baie sterkte...
Hokkie-afrigter
Is jy dinamies, gemotiveerd met ‘n passie vir hokkie en sportontwikkeling? Wel dan soek Volkskool vir jou! Ons maak plek vir ‘n suksesvolle kandidaat wat aan die vereistes voldoen om ‘n gevestigde plattelandse skool se hokkie met jou kennis, ervaring en kwalifikasies tot die volgende vlak te neem. Raak deel van ‘n dinamiese skool, ryk...
Vandag het die hare gewaai
Hoër Volkskool het ‘n groot poging aangewend om hierdie jaar se bewusmakingsveldtog vir kanker groot te maak. Ons dogters het pienk linte en pienk rekkies in hul hare gedra, terwyl die seuns pienk veters in hul skoene kon dra. Daarmee kon elkeen wys dat hulle die stryd teen kanker ondersteun. ‘n Paar seuns is genomineer...
Matriek Erediens
Die Verenigde Gereformeerde Kerk het vanoggend ‘n erediens vir matrieks aangebied en Hoër Volkskool se matrieks het die diens bygewoon. Ds. Gysman het ook Vrydag die saalbyeenkoms tydens die matrieks se laaste dag gelei en ‘n boodskap van hoop gebring. Ons gebed vir elke matriek is dat julle hard sal werk en die vrugte van...
HVS kondig hoofleiers aan
Hoër Volkskool se hoofleiers vir 2023 is Maandagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling as volg aangekondig: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Chequin Koopman (hoofseun), Melandré Kombani (hoofdogter) en Zenke Enslin (onderhoofdogter) Baie geluk met julle verkiesing en mag ons in 2023 voortbou op die sukses van ons eeufeesjaar.
Laaste Skooldag
Op 29 September het die personeel en die graad 12-klas van 2022 heerlik saam gekuier tydens hulle matriekafskeid. Die afgelope week was hulle laaste week in Hoër Volkskool. Maandagaand het die presteerders tydens die prysuitdeling erkenning ontvang vir hul goeie prestasies. Donderdag het die skooluniforms bietjie vreemd gelyk en duidelik was die lengte van sommige...









