R30 lootjies – Talle ander pryse ook te wen!
Author: admin
ATKV – DigiKuns
Te midde van die Covid-19-pandemie, besef die ATKV opnuut dat die volhoubare ontwikkeling van kuns en kultuur kernbelangrik is vir ’n gesonde samelewing. Navorsing het herhaaldelik bewys dat kreatiwiteit positiwiteit ’n hupstoot gee. Iets waarvan ons almal – oud en jonk – nou ’n groot dosis nodig het. DigiKuns is ’n opwindende, nuwe digitale kunsplatform...
Interskole 2020
Dit is nie maklik om hiermee te bevestig dat Interskole 2020 nie kan plaasvind nie. Lees meer …
Hokkie
Na die eerste rondte hokkie proewe, het 10 van Hoër Volkskool se hokkiespelers deurgedring na die volgende rondte. Die spelers is: Agter: Mia du Plessis (0.19), Danè Thiart (0.19), Logan Ludick (0.19), Marli van der Merwe (0.16), Robin Koetaan (0.16) Voor: Kieran Bruinders (0.14), Anischka Luiters (0.14), Zanri Groenewald (0.14), Labrè Oosthuizen (0.19) en Jani van der Merwe (0.14)....
Woordfees
Hoër Volkskool se debatspan het die afgelope anweek na Stellenbosch gereis en aa die skole debatskompetisie deelgeneem. Ons neem deel aan die kategorie: Ou Besems. Ons praat tydens die eerste rondte teen Klein Nederberg met die tema: Leë blikke maak die meeste geraas. Ons dring dfeur na die tweede rondte waar ons praat teen Bloemhof...
Naweek Sport-uitslae
Die afgelope naweek was Hoër Volkskool se hokkie, rugby en 0.14 netbalspanne bedrywig. Hul het gemengde welslae behaal. Die 0.14 A en B Netbalspanne het ‘n afrigtingskliniek bygewoon te Laer Volkskool. Die kliniek is aangebied deur mnr Reg Sharp van Port Elizabeth. Die spelers het gewerk aan verdedigins- en aanvallende tegnieke en het die kliniek afgesluit met ‘n paar...
Boogskiet
Lekker reën, groen gras en die pragtige berge rondom Graaff-Reinet het die agtergrond gevorm vir ‘n perfekte dag vir boogskiet by Hoër Volkskool op 14 Maart 2020. 55 skuts het deelgeneem aan die twee boogskiet dissiplines (Bulls eye en 3D) Volkskool se ouers het die perfekte gashere gespeel vir die besoekers. Ons kan trots wees...
Port Elizabeth Sport-toernooi
Die afgelope naweek het van ons hokkie-, netbal-, en rugbyspanne deelgeneem aan verskeie toernooie te Port-Elizabeth. Die rugbyspanne het aan die Andrew Rabie Rugbyfees deelgeneem. Die 0.14span speel teen Hoërskool Otto du Plessis en speel gelykop 5 – 5. Die 0.15 span het met baie entoesiasme gespeel en kon daarin slaag om Hoërskool Alexandria 14 – 7 te...
Gill Sportdag
By die jaarlikse Gill Sportdag het Hoër Volkskool weereens deelgeneem op die netbalbaan, die hokkie – en die rugbyveld. Dit was vir die meeste spanne die eerste keer wat hul die seisoen saam speel. Die verskillende spanne het verskillende uitslae gehad, maar dit was ‘n genotvolle dag vir almal. Die uitslae is as volg: Netbal (HVS telling eerste) Adelaide...
Oos-Kaap Atletiek
Die Oos Kaap Hoërskole Atletiekkampioenskappe het van 5 tot 7 Maart 2020 op Cradock plaasgevind. Baie warm weer was ‘n uitdaging vir die atlete om hulle beste prestasies te kon lewer. Marni van der Merwe het die 100m dogters o.17 gewen met ‘n tyd van 12,28 sekonde. Sy het met hierdie wentyd die Oos Kaap...







