Author: admin

Home / admin
HVS vs Andrew Rabie
Post

HVS vs Andrew Rabie

Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte gemeet teen Andrew Rabie. Die Baainaars het die Winderige stad se wind saamgebring Karoo toe, maar dit het nie ons sportmanne en -vroue afgesit nie. Op die hokkieveld het ons die spel heeltemal oorheers en met ‘n telling van 14 – 0 van die veld afgestap. Die 0.14A...

100 keer vir die 1ste Hokkie
Post

100 keer vir die 1ste Hokkie

Lynette Ittershagen-Strauss het die afgelope naweek vir die 100ste keer vir die eerste hokkiespan van Hoër Volkskool uitgedraf. Sy het in 2015 as ‘n graad 9 leerling haar debuut gemaak tydens die Union High Festival, in Graaff-Reinet. In 2017 is sy verkies as onderkaptein van die span en in 2018 is sy as kaptein aangewys....

Muurbal
Post

Muurbal

Wilke van Zyl is verkies tot die 0.19B OP Muurbalspan wat tydens die Junie-vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi deelneem in die Paarl. Marlien is gekies vir die 0.14A OP Muurbalspan. Sy gaan aan die Interprovinsiale toernooi deelneem wat in Johannesburg aangebied word, ook tydens die Junie-vakansie.

HVS vs Hoërskool Aliwal Noord
Post

HVS vs Hoërskool Aliwal Noord

Hoër Volkskool het die naweek teen Hoërskool Aliwal Noord sport gedoen. Dit was ‘n baie lekker dag en ons skool het baie goed gevaar. Die tellings is as volg:   Rugby: 0.14: verloor 12 – 36 0.15: verloor 17 – 31 0.16 wen 27 – 12 2es wen 57 – 0 eerstes verloor 17 –...

Opedag
Post

Opedag

Groot opgewondenheid het by Hoër Volkskool geheers toe sewentig graad sewe leerders en ‘n groot groep ouers die Opedag bygewoon het.  Hier is ‘n geleentheid geskep om die skool beter te leer ken op ‘n ontspanne en interessante manier. ‘n Boodskap uit Psalm 8, wat die plek van die mens in die skepping verduidelik, het...

HVS Hokkie Presteerders
Post

HVS Hokkie Presteerders

Die volgende hokkiespelers van Hoër Volkskool is verkies tot ‘n OP span. Hulle sal OP verteenwoordig in hul onderskeie interprovinsiale toernooie en streekstoernooie wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind in Oos-Londen en Pietermaritzburg. Mnr Wynand Volschenk, die eerstespan hokkie-afrigter by Hoër Volkskool, is aangewys as die afrigter van die 0.14C OP-span. Foto VLNR: Lynette Itterhagen-Strauss:...

Nasionale Tweekamp kampioenskappe
Post

Nasionale Tweekamp kampioenskappe

Die 2018 Suid Afrikaanse Nasionale Tweekamp kampioenskappe was gehou te Pretoria op die laaste dag van Maart. Daar was ‘n rekord getal deelnemers en die stadiums was gepak met toeskouers en belangstellendes. Die verrigtinge het al die Vrydag afgeskop met die openings seremonie en verbymars. Van die meer ervare atlete het sommer van die tyd...

Oud HVS leerder presteer
Post

Oud HVS leerder presteer

Karisma Calitz, ‘n oud-leerling van Hoër Volkskool,  het haar BA Honneurs (HMS:Biokinetika) graad voltooi. Sy het die graad met cum laude behaal. Sy was ook benoem as die beste akademiese presteerder deur BASA (Biokinetics Association of SA). Op die oomblik voltooi sy haar internskap jaar (tot Des 2018) by Da Gama mediese sentrum in Mosselbaai...

Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!
Post

Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!

Hoër Volkskool is nou offisieël ‘n groen skool.  Hoër Volkskool herwin al vir ‘n geruime tyd, maar nou gaan ons dit op grootskaal begin doen.  Hierdie projek maak deel uit van die gr 10’s se lewensoriëntering projek. Hulle maak die dromme self skoon en gaan help ook om die trokke te laai. Op die foto...

Ruiterkuns
Post

Ruiterkuns

Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe by die Bloemskou 24 – 28 April 2018. Weereens druk Hoer Volkskool hul stempel af op Ruiterkuns in SUid-Afrika. Die ruiters neem deel aan uitdunne vir die kampioen van Kampioene, wat ‘n glansgeleentheid is waar die top 8 ruiters 18 jaar en jonger...