Tien leerlinge van Hoër Volkskool het op 1 September 2018 deelgeneem aan die Wow-spelfees se semi-finale in Port-Elizabeth. Annika Fitzgerald het haar uitstekend van haar taak gekwyt en eindig in die derde posisie van al die graad 9’s. Op 20 Oktober neem sy aan die finale rondte deel in Stellenbosch.
Author: admin
Intermatriek
Elke jaar bied Hoër Volkskool ‘n Intermatriektoernooi aan waar die gr 12 leerlinge in spanne teen mekaar meeding op die hokkie-, rugby- en sokkerveld, asook op die netbalbaan. Hierdie toernooi vind plaas oor ‘n tydperk van 4 weke waar spanne kans kry om hul staal op verskillende gebiede te wys. Hierdie jaar is die trotse...
Boogskiet
Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool het gekwalifiseer vir OP kleure in boogskiet: Juryna Fourie Jaco van Loggerenberg Annelou van der Mescht
ATKV – Jeugtak Volksmond bederf hul onnies tydens ‘n Onniedoor
Op 25 Julie 2018 het die leerders van Hoër Volkskool, Graaff – Reinet, se ATKV – Jeugtak Volksmond die onderwysers uitgedaag om ‘n kookkompetisie te hou. Goeie gees het onder die spanne geheers. Die voorstitter, Annelou van der Mescht, ondervoorsitter, Justin Gafoor, oudonderwyseres, Mev. Mariëtte Olivier en Gertjan Holtzhausen, streeksbestuurder van Bloemfontein het die moeilike...
Landsdiens – KAREEDOUW HIER KOM ONS!
‘n Opgewonde groep van 14 Hoër Volkskool Landsdienslede het op 25 Junie 2018 vertrek na Kareedouw vir die jaarlikse provinsiale kamp. Daar gekom is die deelnemers in groepe verdeel en is daar op ‘n prettige manier kennis gemaak met mede spanlede. Daar is verskeie uitstappies onderneem. Die Tsitsikamma Crystal Water aanleg is besoek, ‘n reuse...
HVS vs Gill College
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se netbal hul jaarlikse interskole teen Gill College gehad. Hierdie geleentheid word vir die afgelope vyf jaar aangebied. Daar is twee bekers op die spel, naamlik die algehele wenners van die dag, en die eerste span wisseltrofee. Hoër Volkskool het as verdedigende kampioene vir Gill die stryd aangesê. Die...
OP Hokkie
Marlien Crewe-Brown het tydens die Junie-vakansie OP se 0.14B span verteenwoordig by die IPT hokkie-toernooi te Bloemfontein. Daar het altesaam 15 spanne deelgeneem,waarvan 11 A-spanne was en 4 B-spanne. Die OP 0.14B span het algeheel vyfde geeindig, en was eerste van die B-spanne.
Tennis
Gedurende die Julie-vakansie het Dieter Bertram deelgeneem aan die Interprovinsiale Tennistoernooi in George. Drie provinsies, nl. Oos-Kaap, Noord-Kaap en SWD het deelgeneem. Elke speler het enkel-, dubbel-, en gemengde dubbel-wedstryde gespeel. Dieter het OP 0.16 verteenwoordig en het uitsonderlik goed gevaar. Hy het al sy wedstryde gewen en OP het aan die einde van die...
Erekleure
Tydens die Julie-vakansie het ‘n paar van ons leerders aan provinsiale toernooie deelgeneem en sodoende gekwalifiseer vir hul erekleure in hul onderskeie kodes. Agter: Lykita Koeberg verteenwoordig OP in die 0.17B span by die Nasionale Netbaltoernooi wat in Boksburg aangebied is. Maryna Nell verteenwoordig ook vir OP in die 0.17B span by die Nasionale Netbaltoernooi....
Akademiese Top 10
Na afloop van die Junie-eksamen, is Hoër Volkskool se top akademiese presteerders aangewys. Die stryd was taai en in sommige grade is die verskil tussen die eerste vyf posisies net 1 of 2 persent. Die volgende leerlinge is aangewys as die nommer een in hul graad: Engeri Fourie (gr12), haar sussie, Juryna Fourie in Gr...









