Hoër Volkskool het met baie werk en lag ‘n vlot bymekaar gesit vir die Pink Trees for Pauline-veldtog. Saterdagoggend het ons deelgeneem aan die pretstap en optog en het’n derde plek behaal vir ons vlot! Dankie aan almal wat saamgewerk het om hierdie projek soveel pret én suksesvol te maak.
Author: admin
Atletiek – Top 10 Byeenkoms
Die atlete van Hoër Volkskool het baie goed presteer by die Top Tien Byeenkoms op Cradock. Die volgende prestasies is behaal: Shirwan van Staden : 2de – 100m, S o.19 – 10,89 sek : 3de – 200m, S o.19 – 22,60 sek ...
Prysuitdeling
Hoër Volkskool het Maandagaand weer ons jaarlikse prysuitdeling gehad. Hier is baie van ons leerlinge beloon vir hul harde werk op akademiese, sport en kultuurgebiede. Dit was weereens ‘n spoggeleentheid wat seepglad verloop het. Ons wil ook aan al ons pryswenners weer geluk wens met hul uitstaande prestasies.
Sewe’s Rugby
Baie geluk aan die HVS Sewe’s rugbyspan wat die Plaat kompetisie gewen het tydens die Sewe’s rugbytoernooi op Burgersdorp. Hul eerste wedstryd het hulle verloor met 12 – 7 teen Burgersdorp. Daarna het hulle Landboudal gewen met 33 – 0 en ook hul derde wedstryd teen Dordrecht gewen met 26 – 7. Foto; Agter: Ruben...
Senior Leerlingraad 2019
Die senior leerlingraad vir die jaar 2019 is aangewys. Baie geluk aan die volgende leerlinge: Agter: Jaydee Jooste, Llewellyn Crewe-Brown, Chris Burger, Marichen Piek, Jaco Gouws, Dieter Bertram, Ashley Arnolds en Emile Bosch. Voor: Inge van Rooyen, Casey Du Toit, Caryn Swartz, Megan Nel, Devenito Grootboom, Caitlin du Preez, Liezel Nel en Labre Oosthuizen.
Junior Leerlingraad 2019
Die Junior Leerlingraad is ook aangewys vir die jaar 2019: Agter: Ruan Deysel, Jean-Louis du Plessis, Lliam van Heerden en Chloe Stannard. Voor: Robyn Koetaan, Mia du Plessis, Logan Ludick en Edmund Japhta
Swem
Rianco Vermeulen,’n graad 11 leerling aan Hoër Volkskool, is aangewys as die top OP Swemmer van die Jaar in die 16 jaar ouderdomsgroep vir seuns by A groep gala’s. Hierdie toekenning is gemaak by die NMBA jaarlikse prysuitdeling in Port-Elizabeth.
WOW Spelfees
Tien leerlinge van Hoër Volkskool het op 1 September 2018 deelgeneem aan die Wow-spelfees se semi-finale in Port-Elizabeth. Annika Fitzgerald het haar uitstekend van haar taak gekwyt en eindig in die derde posisie van al die graad 9’s. Op 20 Oktober neem sy aan die finale rondte deel in Stellenbosch.
Intermatriek
Elke jaar bied Hoër Volkskool ‘n Intermatriektoernooi aan waar die gr 12 leerlinge in spanne teen mekaar meeding op die hokkie-, rugby- en sokkerveld, asook op die netbalbaan. Hierdie toernooi vind plaas oor ‘n tydperk van 4 weke waar spanne kans kry om hul staal op verskillende gebiede te wys. Hierdie jaar is die trotse...
Boogskiet
Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool het gekwalifiseer vir OP kleure in boogskiet: Juryna Fourie Jaco van Loggerenberg Annelou van der Mescht









