Zenke Enslin, as die Top Presteerder van Hoër Volksool, is met trots aangewys as die Top Student in die Sarah Baartman-distrik. Sy gaan Fisioterapie aan die Universiteit van Kaapstad studeer, maar is vasbeslote om haar langtermyn doelwit, naamlik mediese studies te verwesenlik.Zenke Enslin (Gem 88,9%)Afrikaans HT 87%English FAL 88%Lewensoriëntering 87%Wiskunde 90%Fisiese Wetenskap 89%Lewenswetenskap 85%Rekeningkunde 96%Sy het regdeur haar skooljare haar geheim vir sukses toegepas: goeie tydsbestuur gedurende eksamens en konsekwente harde werk reg deur die jaar.Zenke deel: “Die geleentheid om my eie persoonlikheid te ontwikkel en nuwe vaardighede aan te leer, was vir my die hoogtepunt van my hoërskool loopbaan....

Matriekuitslae
Een van Volkskool se doelwitte is om as top presterende skool in die platteland bekend te staan en ons is vinnig besig om ons doelwit te bereik.Die Top 10-kandidate is as volg: Baie geluk aan die Matriekklas van 2023 met julle goeie uitslae!

Tennis
Hoër Volkskool se tennisspeler, Alecia Louw (derde van links), is ingesluit in die Oos-Kaap o.15 tennisspan. Die span neem tans in Pretoria aan die nasionale IPT deel en het hul wedstryde teen die Vrystaat en Natal verloor maar hulle wedstryde teen Zimbabwe gewen.Alecia vaar baie goed in haar enkelwedstryde.Baie sterkte aan Alecia en haar spanmaats wat vandag teen die WP Disas deelneem.


Swem
Twee van Hoër Volkskool se swemmers het die afgelope naweek aan die Top 8-gala in Port Elizabeth deelgeneem. Deelname aan hierdie gala is slegs op uitnodiging en is dit ‘n besonderse prestasie om slegs te kan deel neem. Nietemin het hierdie twee swemmers hul skool trots gemaak met die volgende prestasies:Lara Vosloo behaal ‘n 6de plek in rugslag asook ‘n 6de plek in vryslag in die ouderdomsgroep 15 jaar.Anishka Luiters swem ‘n brons medalje in rugslag en goue medalje in vryslag los in dogters o.17 jaar afdeling.Die skool wens elk van die swemmers baie geluk!

Gauteng Eisteddfod
Graad 11 leerder, Xander Keyser, het sy fotografie talent by Del Arte Eisteddfod in Vereeniging, Gauteng, in die Fotografie Afdeling gaan tentoonstel.Die beoordelaars was baie beïndruk met sy fyn oog en talent en het die ses foto’s wat ingeskryf was, die volgende uitslae behaal:1 x A+ vir bo 80%4 x A++ vir bo 85%1 x Pronkveer-toekenning vir prestasie bo 90%Hoër Volkskool is geweldig trots op hierdie prestasie en wil ook vir Xander bedank dat hy sy fotografie talente ook by die skool uitleef. Ons is daarvan oortuig dat ons nog vele oomblikke uitstekend vasgevang deur Xander gaan beleef!Foto 1: Talentvolle...

Motorfiets kampioen
HVS leerder, Erik Swanepoel, het op 4 November aan die vyfde rondte van die Rover Motorfietsklub se kampioenskappe deelgeneem en behaal ‘n eerste plek in die hoërskole afdeling waar hy die tweede plek drywer met 9:43 gewen het! Hierdie uitmergelende kompetisie behels ‘n 18 km baan wat in drie rondtes voltooi moet word. Met moeilike terrein wat droë seesand, gladde nat klippe en bosse insluit, voltooi Erik die baan in 34:04 en word as Algehele Kampioen bekroon. Wat hierdie prestasie nog meer spesiaal maak, is dat Erik die jongste deelnemer is om nog ooit as kampioen bekroon te word.Baie geluk...

HVS vier wapenstilstanddag
Jaarliks word Wapenstilstandsdag op 11 November gevier en pronk papawer blommetjies op lapelle wêreldwyd. Die St James Anglikaanse Kerk het vanjaar hul gedenkdiens op Sondag 12 November aangebied waar die lewens van soldate wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog hul lewens verloor het, gedenk was met die gebruiklike kransleggings. Hoër Volkskool se hoofleiers, Xander Keyser en Jani Van der Merwe, het die skool met trots verteenwoordig en ‘n krans gaan neerlê ter nagedagtenis.Foto 1: HVS hoofleiers, Xander Keyser en Jani Van der Merwe, voor die St James Anglikaanse Kerk met ‘n krans ter nagedagtenis aan die soldate wat hul lewes tydens...

Nederland Hokkietoer
Graad 9-leerder, Luan Hanekom, was die afgelope vakansie op ‘n avontuur soos min! Into Africa Sports reisgroep het verskeie hokkiespanne na Nederland laat toer. Luan was deel van die o.19 Elsie Coetzer seunsspan. Tydens die toer het hul vier intensiewe oefensessies met Nederlandse afrigters gehad en ook drie wedstryde gespeel.Tussendeur kon hul darem ook bietjie die stad verken en het gaan kyk hoe lyk Amsterdam en Utrecht. Die spanne het ook die bekende speelpark, Efteling, gaan besoek en het omtrent herinneringe bymekaar gemaak!Foto’s:Luan Hanekom op die lughawe reg vir sy Nederlandse avontuur.Die o.19 Elsie Coetzer seunsspan wat in die September...

