Nasionale Boogskiet

Nasionale Boogskiet

Annelie Pieterse is tans besig met haar finale eksamen en is verkies tot die AGA-SA NASIONALE Boogskietspan. Sy is opgeneem in die Nasionale Senior Boogskietspan en aangewys as die onderkaptein. Die span neem op 10 Desember 2022 in Witbank, Mpumalanga aan die AGA World Virtuele Toernooi deel. Suid-Afrika, se drie spanne (senior-, junior- en ontwikkelingspan) neem teen Botswana, Zimbabwe, Namibië en Kanada deel. Baie geluk, Annelie! Foto’s is geneem tydens die afgelope jaar se kompetisies.

Akademie Top 10

Akademie Top 10

Baie geluk aan die leerders wat op akademiese gebied presteer. Die Top 10 vir kwartaal 3 is as volg: GRAAD 12 1. Annelie Pieterse 2. Jeffson Arends 3. Lieben Bekker 4. Chloé Stannard 5. Denóvan Hoffman 6. Marlien Crewe-Brown 7. Marli van der Merwe 8. Anja Smit 9. Tanya Nieuwoudt 10. Inké van der Merwe GRAAD 11 1. Zenke Enslin 2. Sophia Louw 3. Jana Neethling 4. Carli Kritzinger 5. Elaine van Rensburg 6. Chequin Koopman 7. Helé de Klerk 8. Sue-Mari Burger 9. Haillé-Jade Hoffman 10. Megan Hendrikse GRAAD 10 1. Xander Keyser 2. Adriaan Blignaut 3. Anya Cornelius...

Jim Fouché Atletiek

Jim Fouché Atletiek

Verlede naweek het ag atlete van Hoër Volkskool na Bloemfontein getoer om aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms deel te neem. Die atlete wat die beste presteer het, is as volg: ALBRECHT DE JAGER: 6de – seuns o.19 spiesgooi, 42.08 meter RUDOLPH HEIN VAN EEDEN: 5de – seuns o.15 hoogspring , 1.50 meter AIDAN THIART: 4de – seuns o.15 spiesgooi , 28.50 meter MALANDRI LOMBARD: 3de – dogters o.19 100 meter, 13.96 sekondes MIKHA ENSLIN: 3de – dogters o.15 verspring, 3.85 meter VALENTINO JOHANNES: 2de – seuns o.16 400 meter, 55.73 sekondes FOTO: Valentino Johannes, Mikha Enslin, Zenke Enslin, Ryan Ferreira,...

Huis Cronje Huiskomitee 2023

Huis Cronje Huiskomitee 2023

Huis Cronjé, die koshuis van Hoër Volkskool, het onlangs ‘n koshuisafskeid gehou en die huiskomitee vir 2023 aangewys. Dogters: Anya Cornelius, Zoe Hattingh, Malandri Lombard (hoofdogter), Sophia Louw en Jani van der Merwe Seuns: Jade Smith, A.J. de Jager, Albrecht de Jager (hoofseun), Jan Theo van Tonder en Zak Wolfaardt Baie geluk en baie sterkte met julle werksaamhede vir 2023.

Hokkie-afrigter

Hokkie-afrigter

Is jy dinamies, gemotiveerd met ‘n passie vir hokkie en sportontwikkeling? Wel dan soek Volkskool vir jou! Ons maak plek vir ‘n suksesvolle kandidaat wat aan die vereistes voldoen om ‘n gevestigde plattelandse skool se hokkie met jou kennis, ervaring en kwalifikasies tot die volgende vlak te neem. Raak deel van ‘n dinamiese skool, ryk in tradisie met die fokus op vooruitgang!

Vandag het die hare gewaai

Vandag het die hare gewaai

Hoër Volkskool het ‘n groot poging aangewend om hierdie jaar se bewusmakingsveldtog vir kanker groot te maak. Ons dogters het pienk linte en pienk rekkies in hul hare gedra, terwyl die seuns pienk veters in hul skoene kon dra. Daarmee kon elkeen wys dat hulle die stryd teen kanker ondersteun. ‘n Paar seuns is genomineer om hul hare vir kanker te laat sny en moes geld daarvoor insamel. Die wenners was: graad 8: Aidan Thiart, graad 9: Tiaan Fourie, graad 10: Adriaan Blignaut en Ethan McClean graad 11: Lourens Hanekom en Remé Vorster graad 12: Nico Coetzee Daar was ook...

Matriek Erediens

Matriek Erediens

Die Verenigde Gereformeerde Kerk het vanoggend ‘n erediens vir matrieks aangebied en Hoër Volkskool se matrieks het die diens bygewoon. Ds. Gysman het ook Vrydag die saalbyeenkoms tydens die matrieks se laaste dag gelei en ‘n boodskap van hoop gebring. Ons gebed vir elke matriek is dat julle hard sal werk en die vrugte van julle harde werk sal pluk.

HVS kondig hoofleiers aan

HVS kondig hoofleiers aan

Hoër Volkskool se hoofleiers vir 2023 is Maandagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling as volg aangekondig: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Chequin Koopman (hoofseun), Melandré Kombani (hoofdogter) en Zenke Enslin (onderhoofdogter) Baie geluk met julle verkiesing en mag ons in 2023 voortbou op die sukses van ons eeufeesjaar.

Laaste Skooldag

Laaste Skooldag

Op 29 September het die personeel en die graad 12-klas van 2022 heerlik saam gekuier tydens hulle matriekafskeid. Die afgelope week was hulle laaste week in Hoër Volkskool. Maandagaand het die presteerders tydens die prysuitdeling erkenning ontvang vir hul goeie prestasies. Donderdag het die skooluniforms bietjie vreemd gelyk en duidelik was die lengte van sommige skoolrokke nie volgens die voorgeskrewe reëls nie. En so het die klas se laaste skooldag op Vrydag 21 Oktober aangebreek en het hulle hul skoolloopbaan met ‘n saalbyeenkoms afgesluit. Ons wens julle baie sterkte toe met julle finale eksamen!