Author: admin

Home / admin
Tennis
Artikel

Tennis

Chenoa Jeffrey het van 14 tot 16 Februarie deelgeneem aan ‘n interprovinsiale tennistoernooi. Sy het die o.15 OP Olifante verteenwoordig en het teen die Vrystaat- en die Noord-Kaap se spanne in Bloemfontein gespeel. Sy ontvang ‘n krul vir hierdie goeie prestasie in tennis. Baie geluk! Span foto: Saam haar span in Bloemfontein.

Krieket met Gary Kirsten
Artikel

Krieket met Gary Kirsten

Dinsdag, 4 Maart, het mnr Pieter Kleynhans ‘n geleentheid by Union High School bygewoon waar oud-Protea krieketspeler en internasionale krieketafrigter, Gary Kirsten, gepraat het. Dit was ‘n baie insiggewende gesprek met Gary wat sy kennis gedeel het rakende die afrigting van krieket. Wat veral interessant was, was hoe belangrik dit is om die liefde vir...

Boogskietkompetisie
Artikel

Boogskietkompetisie

Die tweede boogskietkompetisie was sommer kort op ons hakke van die eerste. Op Uitenhage is daar meegeding in twee ‘Bull’s Eye’ kompetisies. Twee wedstryde is geskiet tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar, Soulpoint, Van Kerwel skool (George) en Kwaggaklub. In die eerste ‘Bull’s Eye’ kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes: Hoërskole Dogters afdeling: Hoërskole Seuns...

HVS BESOEK HUIS VAN DE GRAAFF
Artikel

HVS BESOEK HUIS VAN DE GRAAFF

Hoër Volkskool se ATKV-leerders het vir twee agtereenvolgende Donderdae ‘n draai by Huis van de Graaff gemaak.Op 20 Februarie is daar saam gesing en gediggies voorgedra.Op 27 Februarie het die leerders saam met die inwoners Bingo gespeel.Die interaksie was betekenisvol vir beide die inwoners en die leerders en natuurlik is stories uit die verlede met...

Hokkie
Artikel

Hokkie

Maandag, 3 Maart, was die nuwe wedstryddrag aan ons hokkie se eerstespan oorhandig. Dankie aan elke borg wat ‘n bydra gemaak het. Die dogters gaan dit met trots in elke wedstryd dra. Die dogters speel hulle eerste ‘Open Weekend’-proewe die naweek. Baie sterkte! Ons borge vir 2025/26 is: Suzuki Graaff-Reinet Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies...

Mnr. en Mej. Hoër Volkskool Finaliste
Artikel

Mnr. en Mej. Hoër Volkskool Finaliste

Na ‘n besige tydperk vir ons beoordelaars, is ons opgewonde om ons top 10 finaliste aan te kondig. Ons sien gretig uit na die kroningsfunksie op 16 April 2025. Merk so lank jou kalender. Meer inligting sal binnekort verskaf word.

Gill Sportdag Sportuitslae
Artikel

Gill Sportdag Sportuitslae

Hierdie afgelope naweek het die Volksies aan die Gill Sportdag in Somerset-Oos gaan deelneem. Hierdie toernooi bring verskillende skole bymekaar.Volksies se uitslae vir die toernooi is as volg: Rugby:o.14A speel teen WG Olivier en verloor 5 – 22.o.15A speel teen Aeroville Sekondêre Skool en wen 22 – 0.o.16A speel teen Andrew Rabie en verloor 0...

Tennis
Artikel

Tennis

HVS vs HOËRSKOOL KIRKWOOD Hoër Volkskool se tennisspelers het op Woensdag, 26 Februarie 2025, teen Hoërskool Kirkwood kragte gemeet. Daar was heeldag ‘n bedreidiging van misreën maar ten spyte van ligte reën, kon spel steeds voortgaan. Uitslae is as volg:Dubbelspel: Seuns speel gelyk 2- 2Dogters wen gemaklik 4 – 0Gemengde dubbelspel eindig 4 – 0...

Boogskiet
Artikel

Boogskiet

Na lekker reën op Vrydag was dit ‘n pragtige Karoo Saterdag, 22 Februarie, wat ons vir die eerste boogskiet kompetisies van 2025 gegroet het. Twee wedstryde het tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar en Kwagga klub plaasgevind. In die Bullseye-kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes. Hoërskole Dogters-afdeling: Mikha Enslin: Silwer 271/300 Danel de Koker: Brons...