Author: admin

Home / admin
Tennis
Artikel

Tennis

Die eerste seuns en meisies tennisspanne van Hoër Volkskool het Donderdag 15 Februarie, na Bredasdorp vertrek waar hul aan dié Overbergse dorp se jaarlikse skole tennistoernooi deelgeneem het. Hulle is deur afrigter, Tiaan Mostert, vergesel. Die kompetisie beloof elke jaar ‘n uitdagende toernooi te wees wat elke speler se talent en senuwees op die toets...

HVS, gasheer by distrikbyeenkoms atletiek
Artikel

HVS, gasheer by distrikbyeenkoms atletiek

Op Saterdag 10 Februarie, was Hoër Volkskool die gasheer vir die jaarlikse Collie Koeberg Graaff-Reinet atletiekbyeenkoms. Altesaam 40 van HVS se top atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en het HVS altesaam 29 eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke behaal. Hierdie besonderse prestasies is die vrugte van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë....

HVS Krieket vs UHS
Artikel

HVS Krieket vs UHS

Op 15 Februarie 2024 het die HVS o.15 krieketspan teen UHS op hulle krieketveld gespeel. HVS het die toss verloor en was ingestuur om eerste te kolf. AW Lambrechts en Jano Jevan het blitsig begin kolf en die Union manne moes die bal oral oor die veld rondjaag. Jano het ‘n blitsige 28 lopies met...

Rugby – DRIEëDRUKAAND
Artikel

Rugby – DRIEëDRUKAAND

Vrydag, 23 Februarie 2024, moet jy beslis by Hoër Volkskool ‘n draai maak, want ons het ‘n drieëdrukaand. Daar is wedstryde vir o.14, o.15, o.16 en eerste spanne. Volksie kuieraand na afloop van die wedstryde. Daar is NACHOS op die spyskaart. R250.00 vir 4 persone. Bespreek asseblief teen 20 Februarie by 0662447769. Sien jou daar!

ATKV Volksmond
Artikel

ATKV Volksmond

Die ATKV-bestuur, het saam met me. Clarissa Faber en oom André, op 19 Januarie 2024 na Swanepoelskraal, buite Jansenville vertrek. Die naweek was gevul met onvergeetlike avonture soos waterballongevegte, deurnag om ‘n kampvuur, springhase jag en ontbyt in die veld. Die bestuurslede het tussen al die aktiwiteite in die modder, tyd gehad om mekaar beter...

Fiksheid maak Knysna toer moontlik
Artikel

Fiksheid maak Knysna toer moontlik

Elke einde van die sportseisoen bring ‘n uitdagende tyd vir ons atlete. Met die lang Novembereksamen wat op hande is en die welverdiende Desembervakansie daarna, is dit maklik om in ‘n “rusmodus” te beland. Maar hier by Hoër Volkskool glo ons aan die belangrikheid van volgehoue fiksheid en toewyding. Daarom het ons ‘n spesiale beloning...

Nasionale Ruiterkuns Kompetisie
Artikel

Nasionale Ruiterkuns Kompetisie

Gedurende Desember 2023 het die Protea Ruiterkunsspanne aan ‘n Internasionale Saddle Seat ruiterkunskompetisie teen die VSA deelgeneem. Die kompetisie het in Parys (SA) plaasgevind. Beide die senior en junior Driegang- en Vyfgangspanne het deelgeneem en Suid-Afrika het in drie van die afdelings goud gewen. Tiaan Fourie (graad 11) was lid van die junior Protea Vyfgang...

HVS Krieket vs Gill
Artikel

HVS Krieket vs Gill

HVS krieketafrigter, mnr Pieter Kleynhans se o.15-krieketspan was Woensdag 14 Februarie, die gasheer tydens ‘n krieketwedstryd teen Gill Kollege. Gill Kollege se kolfspan was eerste aan die beurt en is in die 19de boulbeurt met ‘n telling van 82 lopies almal uitgeboul. HVS se openingskolwers, Jano Jevan en AW Lambrechts, het die lopietelling vinnig opgejaag....

INTERSKOLE GALA – VOLKSKOOL MAAK SKOONSKIP
Artikel

INTERSKOLE GALA – VOLKSKOOL MAAK SKOONSKIP

Wat ‘n snikhete dag was dit nie by die interskole swemgala nie! Ten spyte van die hitte was die binnenshuise swembad by Hoër Volkskool met opwinding en gesonde kompetisie gevul. Die kompleks was pragtig met ballonne versier en kosstalletjies het ‘n heerlike verskeidenheid lekkernye soos yskoffie, “doughnuts” en quiches, asook Engen se yskoue koeldrank en...

HVS Swemgala
Artikel

HVS Swemgala

Woensdag 31 Januarie 2024 het gesorg vir ‘n opwindende swemgala waar HVS se swemmers met veggees deelgeneem en ondersteun het. Verskeie rekords het gespat en tot die matrieks het met oorgawe aan die jaarlikse pret-resies deelgeneem. Kate-Lynn Kruger het aan 9 items deelgeneem en 6 van die items se rekords verbeter. Met hierdie uitsonderlike prestasie,...