Author: admin

Home / admin
HVS SE SWEMMER OOK GOEIE SKUT
Artikel

HVS SE SWEMMER OOK GOEIE SKUT

Izak Hattingh (graad 12) het gekwalifiseer vir die SA Jaggeweerskietvereniging Top 20 Juniors vir 2022. Izak is genooi om deel te neem aan die Top 20 Juniors se finale rondtes. Baie geluk met hierdie goeie prestasie en baie sterkte met jou voorbereidings vir hierdie kompetisie.

Tweekamp
Artikel

Tweekamp

Die 2022 Tweekamp het ‘n rekord getal deelnemers van reg oor die land gehad. Met duisende deelnemers, toeskouers en beamptes was die Westbourne Oval en Newton Park gepak en was dit weer ‘n belewenis om soveel mense na twee jaar van Covid by sport te sien. Twee leerders van Hoër Volkskool en een van Laer...

Rugby
Artikel

Rugby

HVS rugby-afrigter Jaco van Schalkwyk se eerste rugbyspan het die afgelope naweek te Bloemfontein teen St Andrews kragte gemeet.Baie geluk aan Jaco en die span met hulle oorwinning van 4

Swem
Artikel

Swem

Izak Hattingh (graad 12), het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Kampioenskappe te Port Elizabeth deelgeneem.Izak het die volgende medaljes gewen:Dag 1 :50m Rugslag – goud100m Vlinderslag – goud4 x 100m wisselslag aflos – silwerDag 2100m vryslag – goud100m rugslag – goud4 x 50 wisselslag aflos – silwer4 x 50m gemengde aflos –...

HVS Hokkie
Artikel

HVS Hokkie

Baie geluk aan afrigter Claudia Cooke en ons HVS eerste hokkiespan met ‘n suksesvolle naweek by die Greg Beiling Toernooi te Oos Londen.HVS 4 – 1 Sentraal (Bloemfontein)HVS 2 – 1 Eldoraine (Centurion)HVS 4 – 1 Clarendon 0/16A (Oos Londen)HVS 5 – 1 Merrifield (Oos Londen)

Personeelfunksie
Artikel

Personeelfunksie

Volkskool is op 30 Januarie 1922 ingewy. Op Woensdag, 23 Februarie 2022, het Volkskool sy verjaarsdag gevier. Feestelike dekor in die Kewertjie het bygedra tot ‘n heerlike aand, asook die viering van Volkskool se Eeufeesjaar. Die personeel van Weppie Preppie, Hoër Volkskool en Laer Volkskool het die kans benut om heerlik saam te kuier. Lesley-Ann...

100 Jaar se Guns en Genade
Artikel

100 Jaar se Guns en Genade

Kom sê saam met ons dankie tydens ‘n Lofprysingsaand op Donderdag, 28 April 2022, in NG Grootkerk, Graaff Reinet. Retief Burger, ‘n Afrikaanse sanger van geestelike liedere, gaan die geleentheid lei. Sy debuutalbum, Luidkeels is in 2005 uitgereik. Leerlinge van Weppie Preppie sowel as Laer en Hoër Volkskool gaan die aand deel vorm van ‘n...

Nasionale Boogskietspan
Artikel

Nasionale Boogskietspan

Annelie Pieterse (graad 12) is ingesluit in die NASP SA Nasionale span wat vanaf 1 tot 3 Julie 2022 aan die “ALL AFRICA CHAMPIONSHIPS” te Kimberley gaan deelneem. Annelie neem aan die Hoërskool-afdeling deel en is een van sestien skuts in die span. Spanne van Namibië, Zimbabwe en Botswana gaan teen Suid-Afrika deelneem.

Netbal
Artikel

Netbal

Die eerste netbalspan is amptelik aangekondig en hulle eeufees sportklere is aan hulle oorhandig. Dit het tydens ‘n heerlike geselligheid saam met hulle ouers plaasgevind. Mag julle ‘n goeie sportjaar beleef.

Perdry
Artikel

Perdry

Tiaan Fourie het verlede naweek aan die perdeskou op Tarkastad deelgeneem. Hy het die volgende plasings in die saalperdafdeling behaal: 1ste: Driegang parkperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Vyfgang plesierperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Driegang ruiterkuns, ruiters 18 jaar en onderTiaan is ook aangewys as die Vyfgang Plesierperd Kampioen. Baie geluk, Tiaan.