Author: admin

Home / admin
Halfmarathon
Artikel

Halfmarathon

Baie geluk, Chris! Chris de Wet, ‘n graad 12-leerling van Hoër Volkskool, het op 26 Julie aan die Madibas Road Race in Gqeberha deelgeneem. Hy het die 21.1 km halfmarathon voltooi met ‘n uitmuntende tyd van 1:56:18. Ons is ongelooflik trots op jou deursettingsvermoë en prestasie, Chris! Jy is ‘n ware voorbeeld van Volksie-gees in...

Boogskiet sukses
Artikel

Boogskiet sukses

Van Hoër Volkskool se boogskietleerders het die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Kampioenskappe in Uitenhage — en hulle het behoorlik gemik vir sukses! Conrad Kleyn verower twee goue medaljes in die Hoërskool seuns-afdeling. Mikha Enslin wen twee silwer medaljes in die Hoërskool dogters-afdeling. Riaan Enslin — Mikha se pa en oudskolier van Hoër Volkskool...

Graad 10 Groenteprojek
Artikel

Graad 10 Groenteprojek

Graad 10 skop af met Groenteprojek Die Graad 10 Landbouklas het gister die grond begin bewerk vir hulle splinternuwe groente- en vrugteprojek. In net twee periodes het hulle reeds groot vordering gemaak met die opruim en voorbereidingswerk vir die groentetuin – en ons is sommer baie trots op hulle werksetiek! Hierdie is ‘n projek wat...

Drama
Artikel

Drama

🎭 Skitterende optrede deur Hoër Volkskool se dramaleerders. Ons is hierdie week bederf met ‘n aangrypende toneelstuk deur ons eie dramaleerders. Die stuk, “Dit is genoeg vir nou”, bring harde realiteite na die verhoog en fokus op temas soos tienerdruk, die uitwerking van boelies en die teenkanting teen aborsie.Die talentvolle spelers was Jean Wyngaardt, Ilze...

Hokkie SA o.16 span
Artikel

Hokkie SA o.16 span

Tydens die vakansie het Alecia Louw met trots deelgeneem as lid van die o.16 OP-hokkiespan wat aan die provinsiale toernooi in Pietermaritzburg, by St Anne’s Diocesan College, deelgeneem het.Die span het silwer medaljes verower na ‘n gespanne eindstryd teen “KZN Coastals”, met ‘n telling van 2 – 4. Hierdie teenstanders het deur die hele toernooi...

Provinsiale Trots
Artikel

Provinsiale Trots

Uné Groenewald het tydens die vakansie haar plek vol gestaan in die o.14 OP-hokkiespan, wat van 3 – 5 Julie in die Paarl aan ’n provinsiale toernooi deelgeneem het. Hulle is in ’n sterk pool geplaas en het vyfde algeheel geëindig – ’n puik prestasie teen uitmuntende kompetisie! Uné, om jou provinsie te verteenwoordig is...

Internasionale Sukses
Artikel

Internasionale Sukses

Tiaan Fourie, ‘n matriekleerder van Hoër Volkskool, het tydens die vakansie aan die Internasionale Saalperdkompetisie in New Orleans, VSA deelgeneem. Hy was die kaptein van die “5-gaited” span – en onder sy leiding het hulle GOUD huis toe gebring. Tiaan, ons is ongelooflik trots op jou prestasie en die manier waarop jy nie net jou...

Welkom by Hoër Volkskool Mev Cecilia Pienaar
Artikel

Welkom by Hoër Volkskool Mev Cecilia Pienaar

Ons is trots om Mev. Cecilia Pienaar as deel van die Hoër Volkskool-span te verwelkom! Sy gaan Wiskunde vir Graad 10 en 11 aanbied. Met ’n B.Ed in Senior en VOO-fase, gespesialiseer in Wiskunde en IGO aan die NWU, bring sy nie net akademiese kundigheid nie, maar ook ’n opregte passie vir onderwys en ’n...