Author: admin

Home / admin
Landsdiens
Artikel

Landsdiens

Ses van Hoër Volkskool se landsdieners het tydens die Desember-vakansie die Nasionale Landsdienskampe bygewoon. Lliam van Heerden en Annelie Viljoen het die junior kamp te Thaba Marula kampterrein bygewoon, terwyl Emile Blignaut, Amorè Cronjè,  Steffi Loots en Fransenè Joubert die senior kamp te Joy Unspeakable by Roodeplaatdam bygewoon het. Dit was ‘n baie leersame ondervinding...

OP Tennis
Artikel

OP Tennis

Tien van Hoër Volkskool se tennisspelers is verkies vir die Oostelike Provinsie Plattelandse tennisspanne. Hul sal later in die jaar aan interprovinsiale toernooie deelneem. Agter: Elize de Jager (0.16), Danè Thiart (0.19), Lliam van Heerden (0.16), Alwyn van der Merwe (0.19 reserwe vir die A-span). Voor: Zanri Groenewald (0.14), Petrie van der Merwe (0.16), Pieter...

Kleure-atletiek
Artikel

Kleure-atletiek

Tydens die jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms van Hoër Volkskool, het die volgende leerlinge baie goed presteer: Agter: Marco Jooste word aangewys as die Senior Victor Ludorum vir 2020. GP Borcherds wen die Volksie-beker vir die seun met die vinnigste tyd in die 1500m. Hy voltooi die wedloop in ‘n tyd van 4:59,43. Jan-Hendrik Gouws wen die Christo...

Ruiterkuns
Artikel

Ruiterkuns

Een van Hoër Volkskool se perderuiters, Zanki Botha, het die OP by die Nasionale Proewe verteenwoordig in die driegang en die vyfgang afdelings. Sy word na die proewe gekies om deel te wees van die top 18 waaruit die Senior en Junior Protea spanne gekies moes word. Zanki word gekies as lid van die driegang...

Gholf
Artikel

Gholf

Jean-Louis du Plessis het as lid van die Oostelike Provinsie 0.19 Gholfspan aan ‘n Interprovinsiale Gholftoernooi te Oubaai Gholfklub, deelgeneem tydens die Desember-vakansie. Veertien provinsies het aan die toernooi deelgeneem met agt spelers in elke span. Daar was in twee afdelings meegeding en OP het aan die B-Afdeling deelgeneem. Spanlede het elke dag wedstryde gespeel...

Hokkie
Artikel

Hokkie

Tydens die Desember-vakansie het Danè Thiart aan die Nasionale Binnehuise Hokkie toernooi in Kaapstad deelgeneem. Sy het die Oos-Kaap verteenwoordig in die 0.16B span. Hul span het derde in hul afdeling geeïndig en algeheel sewende gekom. Sy het waardevolle ondervinding by hierdie toernooi opgedoen. Baie geluk!

Boogskiet
Artikel

Boogskiet

17 boogskuts van Hoër Volkskool het aan die Kwagga Interskole skiet by HTS Daniel Pienaar op Uitenhage deelgeneem. Daar was in totaal 74 skuts van Port Elizabeth tot Oos Londen wat deelgeneem het. Die eerste kompetisie was baie straf. Ons het egter in die volgende afdelings presteer Junior seuns 3D Goud – Casper Bekker (LVS)...

Erekleure
Artikel

Erekleure

Tydens die toekennings-seremonie is die volgende leerlinge beloon met erekleure vir hul prestasies op verskillende gebiede: Agter: Jeffson Arends (Skaak), Llewellyn Crewe-Brown (Akademie en Swem), Sanmarie de Goede (Akademie), Jean-Louis du Plessis (Akademie en Gholf), Reinier Swanepoel (Motorsport), Stefan Neethling (Akademie) Middel: Mia du Plessis (Akademie), Danè Thiart (Hokkie), Megan Nel (Akademie), Juryna Fourie (Akademie),...

Akademiese Top 10
Artikel

Akademiese Top 10

Na afloop van die eindeksamen in 2019, is daar by ‘n toekenningsaalbyeenkoms die top 10 akademiese presteerders aangekondig. Hierdie leerlinge werk baie hard en ons beloon graag ons harde werkers. Die volgende leerlinge is aangewys as die nr 1 in elke graad wat hul afgelê het: Vlnr: Zenke Enslin (gr 8), Stefan Neethling (gr 10),...

SA Skole Swem
Artikel

SA Skole Swem

Tydens die Desember-vakansie het Llewellyn Crewe-Brown aan die SA Skole swemgala in Johannesburg deelgeneem. Daar het hy die Oos-Kaapspan verteenwoordig as die kaptein van die span, wat opsigself ‘n baie groot prestasie is. Hy het ‘n paar persoonlike beste tye behaal, en in die meeste van sy items in die top 7 geeïndig. Baie geluk!