Author: admin

Home / admin
Landbou-leer buite die handboek
Artikel

Landbou-leer buite die handboek

Op Maandag, 23 Junie 2025 het Dr. Mackey Hobson, veearts van Graaff-Reinet, met ons Graad 12 Landbouwetenskapklas kom gesels en waardevolle praktiese insig gedeel. Hy het gefokus op: Hoe om siek diere betyds op te spoor en behoorlik te behandel Die doel en proses van ’n nadoodse ondersoek. Wanneer en hoe om diere te doseer...

MASA Nasionale Kampioenskappe
Artikel

MASA Nasionale Kampioenskappe

Op 14 en 15 Junie het lede van “Raptors Martial Arts” aan die MASA (“Martial Arts South Africa”) Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem as deel van die Oos-Provinsie span. Hierdie span het onder die vaandel van KOSA (“Kickboxing Organization of South Africa”) meegeding. Met 629 atlete van 23 verskillende Martial Arts-organisasies was dit ‘n groot...

Internasionale Saalperd-kompetisie
Artikel

Internasionale Saalperd-kompetisie

Ons wil graag vir Tiaan Fourie een van ons matriekleerders, alle sterkte toewens met sy vertrek vandag na New Orleans, VSA. Hy gaan Suid-Afrika verteenwoordig by ’n Internasionale Saalperd-kompetisie. Tiaan is nie net ’n deelnemer nie, maar ook die kaptein van die 5-gang span – ’n besonderse prestasie waarop ons ongelooflik trots is! ’n Spesiale...

Teatro Arti Eisteddfod
Artikel

Teatro Arti Eisteddfod

Volkskool se eie ster skyn helder! Rikus Kleyn het onlangs aan die Teatro Arti Eisteddfod deelgeneem en ‘n A+++ (97%) verwerf vir sy pragtige vertolking van Ivan Roux se “Vier Seisoene Kind“. Teatro Arti is die grootste kompetisie geregistreer by die “National Arts Association of South Africa” en word landwyd deur meer as 40 skole...

Jeugdag 2025
Artikel

Jeugdag 2025

Vandag staan ons stil by die krag, potensiaal en verantwoordelikheid van die jeug. Ons leef in ‘n wêreld vol moontlikhede – geleenthede om te leer, te lei, en ‘n verskil te maak. Saam met daardie voorreg kom ‘n plig: om betrokke te wees, om op te staan vir geregtigheid, en om ons wêreled beter te...

Meer as net ‘n nommer op ‘n trui…
Artikel

Meer as net ‘n nommer op ‘n trui…

Het jy al opgelet na die nommers op ons hokkie-meisies se skouers? Elke een van daardie nommers is meer as net ‘n identifikasie — dit is ’n getuienis van die spelers wat voor hulle gekom het. Die skouernommer is dieselfde as dié op hul trui, maar elke keer as hulle die veld betree, dra hulle...

IGO besoek tegnologiese besighede in Gqeberha
Artikel

IGO besoek tegnologiese besighede in Gqeberha

Ons leerders het onlangs twee opwindende besighede in Gqeberha besoek as deel van hul tegnologie-ondersoek. By die eerste besigheid het hulle gesien hoe tegnologiese toerusting ontwerp en beplan word – van konsep tot rekenaarmodellering. By die tweede besigheid het hulle beleef hoe hierdie toerusting vervaardig en in mekaar gesit word. Die leerders kon sien hoe...

Want ons is lief vir mense
Artikel

Want ons is lief vir mense

Die ATKV-tak van Hoër Volkskool het die kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n besoek aan Huis Van de Graaff. Ons het die dag spesiaal begin deur ‘n paar liedere vir die inwoners te sing, wat hulle harte warm gemaak het. Die hoogtepunt van die dag was egter toe ons saam met hulle ‘n vrolike...

Hoër Volkskool bring hul kant tydens ATKV Redenaars semi-finaal
Artikel

Hoër Volkskool bring hul kant tydens ATKV Redenaars semi-finaal

Dit is ‘n bepaalde voorreg dat HVS vanjaar 4 sprekers in die ATKV Redenaars semi-finaal kon hê en elkeen het hul fantasties van hul taak gekwyt. Die kompetisie wat straf teen skole regoor die Oos-Kaap, George en so vêr as Riversdal met top skole wat deelgeneem het. Vanuit die streek spog Pieter Fourie (gr.😎 met...

Hokkie – trotse hoofborg
Artikel

Hokkie – trotse hoofborg

Dankie, Suzuki – ons trotse hoofborg! Ons wil graag ’n spesiale woord van dank rig aan Suzuki Graaff-Reinet , wat as hoofborg van ons hokkie ’n groot rol speel in die ontwikkeling van ons spelers en sportprogram. Suzuki het vandag ook hul teenwoordigheid gewys tydens ons sportdag – dankie dat julle saam met ons hierdie...