HVS Krieket vs UHS

HVS Krieket vs UHS

Op 15 Februarie 2024 het die HVS o.15 krieketspan teen UHS op hulle krieketveld gespeel. HVS het die toss verloor en was ingestuur om eerste te kolf. AW Lambrechts en Jano Jevan het blitsig begin kolf en die Union manne moes die bal oral oor die veld rondjaag. Jano het ‘n blitsige 28 lopies met vier viere en ‘n ses, aangeteken. AW het sy man gestaan en ‘n baie indrukwekkende 47 lopies aangeteken. Nadat UHS ‘n vinnige twee paaltjies gevat het, het Vincent as kolwer ingekom. Met AW en Vincent se kolfbeurt, het die lopies gevloei. Na die val van...

Rugby – DRIEëDRUKAAND

Rugby – DRIEëDRUKAAND

Vrydag, 23 Februarie 2024, moet jy beslis by Hoër Volkskool ‘n draai maak, want ons het ‘n drieëdrukaand. Daar is wedstryde vir o.14, o.15, o.16 en eerste spanne. Volksie kuieraand na afloop van die wedstryde. Daar is NACHOS op die spyskaart. R250.00 vir 4 persone. Bespreek asseblief teen 20 Februarie by 0662447769. Sien jou daar!

ATKV Volksmond

ATKV Volksmond

Die ATKV-bestuur, het saam met me. Clarissa Faber en oom André, op 19 Januarie 2024 na Swanepoelskraal, buite Jansenville vertrek. Die naweek was gevul met onvergeetlike avonture soos waterballongevegte, deurnag om ‘n kampvuur, springhase jag en ontbyt in die veld. Die bestuurslede het tussen al die aktiwiteite in die modder, tyd gehad om mekaar beter te leer ken en doelgerig hulle ATKV termyn te beplan. Die ATKV Volksmond is vuur en vlam om ‘n verskil in Graaff-Reinet te maak en is gereed om verskeie projekte aan te pak.

Fiksheid maak Knysna toer moontlik

Fiksheid maak Knysna toer moontlik

Elke einde van die sportseisoen bring ‘n uitdagende tyd vir ons atlete. Met die lang Novembereksamen wat op hande is en die welverdiende Desembervakansie daarna, is dit maklik om in ‘n “rusmodus” te beland. Maar hier by Hoër Volkskool glo ons aan die belangrikheid van volgehoue fiksheid en toewyding. Daarom het ons ‘n spesiale beloning vir die sportmanne en -vroue wat die fiksheidstoetse aan die begin van die jaar kon deurstaan gereël – ‘n onvergeetlike toer na die pragtige Knysna. Hierdie toer was nie net ‘n beloning vir hul volgehoue deursettingsvermoë nie, maar ‘n geleentheid om nuwe vriendskappe te smee...

Nasionale Ruiterkuns Kompetisie

Nasionale Ruiterkuns Kompetisie

Gedurende Desember 2023 het die Protea Ruiterkunsspanne aan ‘n Internasionale Saddle Seat ruiterkunskompetisie teen die VSA deelgeneem. Die kompetisie het in Parys (SA) plaasgevind. Beide die senior en junior Driegang- en Vyfgangspanne het deelgeneem en Suid-Afrika het in drie van die afdelings goud gewen. Tiaan Fourie (graad 11) was lid van die junior Protea Vyfgang Ruiterkunsspan, wat goud gewen het. Tiaan se afrigter, Sumeri Botha, was aangewys aan die Protea Ruiterkunsspan se afrigter en was saam met Tiaan in Parys. Baie geluk, Tiaan en baie sterkte met jou voorbereidings vir die Nasionale ruiterkunsproewe waaraan jy eersdaags te Riversdal gaan deelneem.

HVS Krieket vs Gill

HVS Krieket vs Gill

HVS krieketafrigter, mnr Pieter Kleynhans se o.15-krieketspan was Woensdag 14 Februarie, die gasheer tydens ‘n krieketwedstryd teen Gill Kollege. Gill Kollege se kolfspan was eerste aan die beurt en is in die 19de boulbeurt met ‘n telling van 82 lopies almal uitgeboul. HVS se openingskolwers, Jano Jevan en AW Lambrechts, het die lopietelling vinnig opgejaag. Jano het 39 en AW het 14 lopies aangeteken. Johan Viljoen het die wenpunt in die 12de boulbeurt aangeteken. HVS se span het die wedstryd met vyf paaltjies gewen. Baie geluk aan die spelers. Foto: AW, Jano en Johan

INTERSKOLE GALA – VOLKSKOOL MAAK SKOONSKIP

INTERSKOLE GALA – VOLKSKOOL MAAK SKOONSKIP

Wat ‘n snikhete dag was dit nie by die interskole swemgala nie! Ten spyte van die hitte was die binnenshuise swembad by Hoër Volkskool met opwinding en gesonde kompetisie gevul. Die kompleks was pragtig met ballonne versier en kosstalletjies het ‘n heerlike verskeidenheid lekkernye soos yskoffie, “doughnuts” en quiches, asook Engen se yskoue koeldrank en roomys aangebied! In ‘n indrukwekkende vertoning van talent en vasberadenheid het Laer Volkskool as wenners met ‘n totaal van 619 punte teenoor UPS se 567 punte, uit die stryd getree. Die dinamiese duo JJ en Zenicke van Schalkwyk van LVS het die titels Victor Ludorum...

HVS Swemgala

HVS Swemgala

Woensdag 31 Januarie 2024 het gesorg vir ‘n opwindende swemgala waar HVS se swemmers met veggees deelgeneem en ondersteun het. Verskeie rekords het gespat en tot die matrieks het met oorgawe aan die jaarlikse pret-resies deelgeneem. Kate-Lynn Kruger het aan 9 items deelgeneem en 6 van die items se rekords verbeter. Met hierdie uitsonderlike prestasie, is sy as Victrix Ludorum aangekondig. By die seuns was ‘n moeiliker stryd tussen drie swemmers, maar Charl Conradie het as ‘n waardige Victor Ludorum weggestap. Baie geluk aan al die swemmers met julle goeie prestasies. Foto’s: Charl Conradie en Kate-Lynn Kruger

Jeugweek

Jeugweek

Vroeg in die skooljaar maak ons by HVS tyd om “real” te word en rustig tyd saam God te spandeer. HVS bied hierdie week ‘n Jeugweek vanaf 12 – 14 Februarie aan, wat ons geestelik bietjie gaan versterk met die hulp van uitstekende sprekers uit Pretoria en Mosselbaai. Dit is gratis en word elke aand in die saal aangebied. Almal is welkom en sien ons uit om elkeen van julle daar te sien en net lekker sáám hierdie geleentheid te geniet!

Tennis

Tennis

Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n bedrywige week agter die rug. Maandag 5 Februarie 2024 is kragte teen Hoërskool Cradock gemeet. In die dubbelspel en gemengde dubbelspelwedstryde oorheers Volkskool en beïndruk met hul aanskoulike en opwindende tennis. Cradock verhang die bordjies in hul guns tydens die enkelspelwedstryde van die kragmeting, met ‘n eindtelling van 16 – 11. In 2022/23 het twee tennisliefhebbers besluit om hulself beskikbaar te stel om beheer van Oos-Kaap tennis oor te neem. Met onmiddellike effek is kommunikasie verbeter en skole (en ouers) is nou op hoogte van toernooie en reëlings met betrekking tot die proewe....