Aansoeke word ingewag: Onderwyspos (Posvlak 1 – Beheerliggaam). Verbruikerstudie Graad 10-12.

ATKV-Volksmond Langtafelete
‘n Spoggerige aand vol Afrikaanse musiek, leerders wat in deftige klere uitgevat is, heerlike kos en asemrowende dekor. Dit is niks anders as die ATKV-Volksmond se jaarlikse Langtafelete nie.Die Langtafelete was op 29 Februarie by Hoër Volkskool gehou. Die saal het die tema, Melkweg in die Karoo, weerspieël. Leerders van verskeie skole kon saam met Hoër Volkskool-leerders die geleentheid in ons Moedertaal geniet.

Boogskiet
‘n Klein groepie van Hoër Volkskool se skuts het Saterdag, 2 Maart 2024, aan die Daniel Pienaar en Tiere Ope boogskietkompetisies te Uitenhage deelgeneem. Daar was ‘n totaal van 35 skuts. Die weersomstandighede was uitstekend en die skuts het hulle taak voortreflik verrig.Daniël Pienaar Ope uitslae: Hoërskool afdeling:Dogters: Mikha Enslin: BronsSeuns: John Read: BronsConrad Kleyn: SilwerTiere Ope uitslae: Hoërskole afdeling:Dogters: Mikha Enslin: BronsSeuns: Michyle Mostert: SilwerConrad Kleyn: Goud.Conrad is ook as beste skut in die Hoërskole afdeling aangewys.Conrad het twee 50-talle geskiet, terwyl Michyle sy eerste 50-tal ooit behaal het. Baie geluk aan al die deelnemers! Groepfoto: Hoër Volkskool se...

Wêreldbiddag vir vroue
Op Vrydag 1 Maart 2024, het Hoër Volkskool se leerlingraad ‘n Wêreldbiddag vir Vroue geleentheid aangebied. Ruth Maya, van Migdalor Ministries in Graaff-Reinet, het ‘n baie treffende boodskap aan die meisies gebring. Die seuns is bedien deur pastoor Phillip Jonker, van die plaaslike AGS Kerk. Dit was ook ‘n baie positiewe boodskap. Temzynne Juries, lid van die HVS Leerlingraad het ‘n dankie-sê pakkie aan Ruth Maya oorhandig. Wat ‘n wonderlike manier om ‘n besige week mee af te sluit

Manne-Aand
Kom kuier saam met rugbylegendes, Andrew Paterson en De Wet Barry! Op Vrydag, 5 April 2024 bied Volkskool Rugby ‘n MANNE-AAND by Hoër Volkskool aan. ‘n Gesellige kuier rondom die vuur, goeie geselskap en ‘n heerlike ete is by die kaartjie ingesluit. Jy gaan beslis baat vind by Andrew se inspirerende praatjie en De Wet gaan saam gesels! Bespreek asseblief jou kaartjie teen 29 Maart 2024 per e-pos aan volksies@hvsgrt.org.za of per whatsapp by 0662447769 Navrae: Jaco van Schalkwyk Sel nr: 0828232431

Peak 2 Peak “Hard Enduro” Motorfiets
Erik Swanepoel, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het aan die PEAK 2 PEAK ‘Hard Enduro’, wat die motorfietsryers self op GPS moet navigeer, deelgeneem. Die kompetisie het in Barkley-Oos plaasgevind, reg onder die Drakensberge, wat bekend is vir sy hoë berge en mooi uitsig. Die roetes is verseker uitdagend met baie klippe en rotsbanke waarteen die ryers moes uitry en afry. Dit is ‘n baie fisiese sport en verg uithouvermoë. Die kompetisie behels drie dae se ry waarvan die moeilikheidsgraad van die roetes in brons, silwer en Goud verdeel word, met goud as die moeilikste. Die eerste dag word...

Karoo Swemgala reuse sukses!
Die Karoogala het op Woensdag, 21 Februarie by Hoër Volkskool se binneshuise swembad plaasgevind. Die atmosfeer was elektries van opgewondenheid. Volkskool se swemmers het hul talent en vasberadenheid ten toon gestel en merkwaardige prestasies gelewer wat ons almal werklik beïndruk het. Van begin tot einde was die standaard van swem besonder hoog, wat die toewyding en harde werk van elke deelnemer weerspieël. Die Volkskool uitslae is as volg: Rekords: J.J. van Schalkwyk verbeter die o.10 4x25m Individuele Wisselslagrekord wat in 2011 deur L. Laubscher van Laer Volkskool opgestel is. Hy verbeter ook die o.10 rugslag rekord. Zenick van Schalkwyk verbeter...

Uithourit
‘n Opwindende begin vir Lehan de Beer se uithourit-deelname en loopbaan, het in Hofmeyr in die Oos-Kaap begin. Hy was een van 70 ruiters wat aan die Waterlea Perde Uithourit deelgeneem het. Hy het sy eerste 40km beginnersfase in n tyd van 2 ure 40 sekondes voltooi en kwalifiseer om om sy volgende 40 km aan te pak. Hy moet wel nog een 40 km en twee 80 km uithouritte voltooi, voordat hy in die ‘Young rider’-afdeling kan deelneem. Ons wens hom sterkte toe vir sy volgende 40 km, wat op 9 Maart 2024 te Colesberg plaasvind. Foto: Lehan de...

Tennis
Die eerste seuns en meisies tennisspanne van Hoër Volkskool het Donderdag 15 Februarie, na Bredasdorp vertrek waar hul aan dié Overbergse dorp se jaarlikse skole tennistoernooi deelgeneem het. Hulle is deur afrigter, Tiaan Mostert, vergesel. Die kompetisie beloof elke jaar ‘n uitdagende toernooi te wees wat elke speler se talent en senuwees op die toets stel. Ondanks strawwe kompetisie, het die HVS spanne nooit moed verloor nie en dapper elke stryd gestry. Hoewel die uitslae nie positief was nie, was die gees en uithouvermoë van elke speler die positiwiteit self. Beide spanne beskou die blootstelling om teen top Wes-Kaapse skole...

HVS, gasheer by distrikbyeenkoms atletiek
Op Saterdag 10 Februarie, was Hoër Volkskool die gasheer vir die jaarlikse Collie Koeberg Graaff-Reinet atletiekbyeenkoms. Altesaam 40 van HVS se top atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en het HVS altesaam 29 eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke behaal. Hierdie besonderse prestasies is die vrugte van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. HVS is trots om 22 atlete deur te sien na die volgende rondte. Die atlete neem op Woensdag, 21 Februarie 2024 aan die Sarah Baartman Hoërskole Atletiekbyeenkoms in Gqeberha deel. HVS se beste wense vergesel elkeen van hierdie atlete!
